Eskom kondig Fase-2 beurtkrag aan

Deel op

Eskom het Maandagmiddag aangekondig dat hy fase twee van beurtkrag begin toepas het, het Sapa berig.

“Beurtkrag het van 15:00 af van fase een na fase twee beweeg,” het die kragreus in ‘n verklaring gesê. Beurtkrag sal tot 22:00 Maandagaand voortduur.

Fase een maak voorsiening vir die besnoeiing van tot 1 000MW se kragverbruik, fase twee tot 2 000MW en fase drie maak voorsiening vir die besnoeiing van tot 4 000MW se kragverbruik.

“Ons weet nie om watter rede nie, [maar] ons het net ʼn oproep van Eskom ontvang om na fase twee te skakel,” het Sol Masolo, woordvoerder van City Power, gesê. “Eskom-bestuurders hou glo ‘n noodvergadering,” het hy gesê.

Eskom het vroeër Maandag gesê die kragnetwerk verkeer onder kwaai druk weens onvoorsiene tegniese probleme by kragstasies en het verbruikers gevra om nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.