Universiteit van Stellenbosch binnekort ‘swart en Engels’: viserektor

Deel op

Die Universiteit van Stellenbosch beskik reeds oor meer swart studente as die Engelstalige Universiteit van Kaapstad, met 50% teenoor 44%. Ook is die universiteit besig met ‘n aggressiewe verengelsingsprogram om sy aanbod van Engelse lesings en kursusse tot 75% van die totaal op te stoot.

“In 2011, toe ons met tolkdienste begin het, is 65% van alle modules nog in Afrikaans aangebied en 45% in Engels, maar sedertdien is die Engelse modules tot 58% verhoog. Ons beoog om dit (Engelstalige lesings) tot 75% van alle modules in albei tale op te stoot,” sê professor Arnold Schoonwinkel, die viserektor: leer en onderrig van dié universiteit.

maties2
Maties luister na ‘n verwelkomingstoespraak wat vir hulle na Engels getolk word. Binnekort sal tolkdienste nie meer nodig wees nie, want die universiteit sal Engels en swart wees.

Stellenbosch volg die voorskrifte van die minister van hoër onderwys en sekretaris-generaal van die SA Kommunisteparty, Blade Nzimande, top op die letter na. Hy het onlangs kritiek uitgespreek dat sowel Stellenbosch as Pochefstroom “nie vinnig genoeg transformeer nie” en geëis dat ‘n plan ingestel word om die kampusse so gou moontlik te verengels en te verswart, iets wat Stellenbosch nou met mening begin toepas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.