Swarte wat wit motorfietsryer skiet, kry weer borg

Deel op

Die swart moordaangeklaagde Meekahefele Masooa wat ‘n wit motorfietsryer verlede jaar tydens ʼn padwoedevoorval in Johannesburg doodgeskiet het, het Maandag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Masooa (43) moet weer op 11 Augustus in die hof wees nadat regter Eben Jordaan die verhoor uitgestel het.

Staatsaanklaar Arveena Persad het aan die hof gesê alhoewel die voorlopige verhoordatum vir Maandag bepaal was, het die staat en verdediging ingestem om die saak uit te stel.

Masooa (43) word daarvan beskuldig dat hy Douglas Pearce (39) op 14 Februarie verlede jaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet het.

Masooa is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Tydens sy borgtogaansoek het die hof gehoor dat albei mans op die dag van die skietery vuurwapens aan hulle gedra het. Hy beweer hy het uit selfverdediging opgetree.

Jordaan het die aangeklaagde se borgtog verder verleng.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.