Brasili? se vegvliegtuigkortlys

Deel op

07:38:06 Brasilë het aangekondig dat hulle die Sukhoi SU-35, die Typhoon en Lockheed Martin se F-35 van hulle lys afgehaal het. Die keuse vir die

Image

Saab JAS 39 Gripens

kontrak van VS$2,5 miljard is nou tussen 'n Amerikaanse, Franse of Sweedse vegvliegtuig.

Deel op
Die kortlys sluit Boeing se F-18 E/F Super Hornet, Dassault se Rafale en Saab se Gripen NG in en minister van Verdediging, Nelson Jobim, sê hulle het die drie gekies omdat dit ingenieurswese van die hoogste sofistikasie verteenwoordig. Brasilië gaan 36 nuwe vegvliegtuie aankoop om hulle Mirages te vervang.

Image

Dassault Rafale B

Brasilië wil ook strategiese vennootskappe sluit om hulle weermag uit te bou na 'n moderne mag en die besluit sal afhang van wie bereid is om deel te neem daaraan, het Roberto Mangabeira Unger, minister van Strategiese Sake, vroeër die maand aan AP gesê. "Ons is nie sommer net kopers of kliënte nie, maar vennote," het hy gesê. "Enige ooreenkoms moet 'n aansienlike hoeveelheid navorsing en ontwikkeling in Brasilië ook insluit."

Frankryk het ingestem om Brasilië te help om die Scorpene aanvalsduikboot wat tans dieselaangedrewe is, in Latyns-Amerika se eerste kernduikboot te omskep. In die tagtigerjare was Brasilië een van die wêreld se grootste wapenuitvoerders in die agtste plek, maar met die einde van die Koue oorlog het die aanvraag verdwyn.

In 1990 het die land se twee grootste wapenvervaardigers, Engesa en Avibras, beskerming teen krediteure gevra nadat hulle skuld tot ongeveer $200 miljoen opgehoop het.

светильник акцентного освещенияДанильченко Юрий Брониславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.