Nie plek vir witte in Zambië se nuwe regering

Deel op

Die nuutverkose pres. Edgar Lungu van Zambië, het Maandag aangekondig dat visepresident­ Guy Scott, Afrika se enigste onlangse wit staatshoof­, nie deel sal wees van sy regering nie.

Lungu het verlede week die verkiesing naelskraap gewen.

Scott was waarnemende president­ sedert Sata se dood. Hy was die eerste wit leier sedert die einde van apartheid.

Scott is vervang deur me. Inonge Wina, ’n voormalige minister belas met geslagsake­ en voorsitter van die Patriotic­ Front.

Scott en Lungu was voorheen in ‘n magstryd betrokke. Scott het Lungu, wat as hoofsekretaris­ vir die regerende party gedien het, kort na Sata se dood afgedank, maar moes hom later noodgedwonge weer aanstel na betogings deur ondersteuners­.

‘n Sending van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap­ het pas die verkiesings in Zambië vry en regverdig verklaar ondanks onderlinge onverdraagsaamheid­ onder politieke­ ­partye wat tot sporadiese voorvalle­ ­van geweld gelei het.

Geen voorvalle van geweld is op stemdag self aangemeld deur die waarnemersending van nege SAOG-lidlande­ wat na die tien provinsies van Zambië ontplooi is nie.

Die verkiesing is genoodsaak deur die skielike afsterwe op 28 Oktober 2014 van pres. Michael Chilufya Sata.

Swaar reën het egter logistieke en administratiewe uitdagings ontwrig en die stemproses in die wiele gery.

“Zambië is bekend as ’n vreedsame land en ons vra alle politieke partye om op so ’n wyse op te tree dat vrede, veiligheid en stabiliteit in die land gehandhaaf­ ­word,” lui SAOG se verklaring.­

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.