Lasbrief dalk vir Zuma se seun uitgereik

Deel op

Die Sunday Independent het berig dat ʼn lasbrief vir Edward Zuma (39) uitgereik is nadat hy glo versuim het om onderhoud te betaal en in die hof te verskyn ten spyte van dagvaardings wat hy ontvang het.

Die polisie in KwaZulu-Natal kon Sondag nie bevestig die lasbrief vir die inhegtenisneming van pres. Jacob Zuma se oudste seun uitgereik is nie.

Die lasbrief is glo op 23 Junie in die Pietermaritzburg-onderhoudhof uitgereik en die polisie het dit in Durban-Noord, waar Edward se huis is, bedien.

“Ons kan eers môre [Maandag] volledige besonderhede verskaf,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, aan die koerant gesê. Hy het bevestig die polisie sal bepaal of ʼn lasbrief uitgereik is en aan die polisiestasie oorhandig is. “Ek het met die stasiebevelvoerder gepraat wat nie dadelik daarvan kennis gedra het nie.”

Edward Zuma het glo aan die Sunday Independent gesê hy weet glad nie van die dagvaardings of die lasbrief vir sy inhegtenisneming nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.