Swart ma wat plunder val op baba

Deel op

Die swart ma van die baba wat in ‘n stormloop tydens ‘n plundery in Kagiso, wes van Johannesburg, dood is, sê sy word daarvan beskuldig dat sy vir haar kind se dood verantwoordelik was.

Skares swartes het buitelandse winkels gestroop in die jongste vlaag xenofobiese geweld.

Zanele Majozi sê haar een maand-oue baba was aan haar lyf vasgemaak toe ‘n skare mense haar omgestamp het. Sy sê sy het op die kind geval, het RSG berig.

Sy het bewerings verwerp dat sy ten tye van die voorval ‘n spaza-winkel geplunder het. Vroeër is berig dat die baba 13 maande oud was, maar volgens Majozi was die kind baie jonger.

Nog twee mense is Sondagnag in Langlaagte in Johannesburg doodgeskiet.

Volgens die polisie het skares ‘n spazawinkel van ‘n buitelander geplunder en daarna aan die brand gesteek. Die plunderaars het glo op die polisie losgebrand en twee mense is noodlottig gewond.

Die Somaliese winkeleienaar, Senosi Yusuf, verskyn intussen vandag weer in die Protea landdroshof in Soweto in verband met die dood van ‘n tiener van die gebied, wat tot grootskaalse onrus gelei het.

Yusuf het na bewering verlede week ‘n 14-jarige seun doodgeskiet wat sy winkel probeer beroof het. Hy is in aanhouding sedert hy Donderdag in die hof verskyn het.

Die saak is tot vandag uitgestel sodat ‘n tolk gevind kon word.

Die voorval in Snake Park, Soweto, het gelei tot verskeie voorvalle van geweld en plundery van winkels van buitelanders in Soweto. Dit het ook na ander gebiede uitgebrei.

Bykans 200 mense is reeds in verband met die plundery in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

Die Noord-Kaapse polisie het in ‘n ander voorval ‘n 27-jarige swarte in hegtenis geneem in verband met die dood van ‘n 20-jarige man in Roodepan wat vermoedelik gestenig is.

Die verminkte liggaam van Dallen Inks is in ‘n oop veld gevind. Die polisie-woordvoerder, Donald Mhluli het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting na vore te kom wat met die ondersoek kan help.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.