Etniese konflik teister Limpopo opnuut

Deel op

Malamulele is nou reeds twee weke lank die brandpunt van etniese konflik in Limpopo tussen Vendas en Tsongas. Laasgenoemde groep eis ‘n afsonderlike munisipaliteit.

Inwoners van Malamulele in Limpopo het intussen paaie wat na die stat lei met brandende bande en klippe versper.

Die Malamulele-taakspan sê dit is duidelik dat die afbakeningsraad, wat Vrydag sy verslag oor die kwessie bekend maak, nie in hulle guns gaan beslis nie.

Die hernude geweld volg nadat die taakspan besluit het om voort te gaan om dienste in die gebied te ontwrig, nadat ‘n vergadering met nasionale ministers misluk het.

Hulle sê besighede, skole en openbare vervoer sal verder gesluit bly word alhoewel inwoners sonder noodsaaklikhede sit.

Winkels, banke, poskantoor en vulstasies is gesluit en informele handelaars is uitgesluit uit die sentrale sakegebied.

Limpopo se skole sal heropen vir die 2015 akademiese jaar, maar nie in Malamulele nie.

Mense wat in die nabygeleë Giyani en Thohoyandou woon, kan nie gaan werk nie, aangesien motors nie toegelaat word om die gebied binne te gaan of te verlaat nie.

Daar is drie paaie vanaf die R81 wat toegang tot Malamulele verleen, maar hulle word 24 uur per dag beman word deur vyandige jong Tsongas. Sommige van die “wagte” dra T-hemde wat lui: “100% Malamulele Munisipaliteit”.

Honderde polisiebeamptes is reeds na Malamulele ontplooi om die vrede te bewaar, en twee polisiebeamptes is verlede week in die hospitaal opgeneem met ernstige beserings.

Hul voertuig het omgeslaan nadat hulle ‘n massiewe staalpyp wat Mavembe-inwoners gebruik het om die pad te versper, sowat 3km buite Malamulele getref het en die voertuig het daarna uitgebrand.

Malamulele, waar daar oorwegend Tsongas woon, se munisipaliteitskantore is Thohoyandou, in Venda, oor ongeveer 35 km ver is.

In een week, tydens die soveelste vlaag opstande in 2013, is R40 miljoen se eiendom vernietig.

President Jacob Zuma se besoek aan die gebied voor verlede jaar se nasionale verkiesing het niks opgelewer nie en hy is uitgejou deur die skares.

Die taakspan het later verduidelik dat mense onsteld was dat Zuma nie met inwoners in hul moedertaal Sjangaan gekommunikeer het nie, en in plaas daarvan die taal van die vyand, Engels gepraat het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.