Nóg mense in hegtenis weens plundery in Soweto

Deel op

Die aantal mense wat tot dusver weens plundery van winkels in Soweto aangekeer is, het tot 178 gestyg, luidens ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat gister uitgereik is.

Tot dusver is 178 verdagtes in hegtenis geneem… Ses van hulle is minderjariges wat onder die toesig van hul ouers vrygelaat is, op voorwaarde dat hulle in die hof moet verskyn,” se luitenant-generaal Solomon Makgale.

Polisiemanne steur hul nie aan 'n winkel wat agter hulle geplunder word nie. Foto: Alon Skuy
Polisiemanne steur hul nie aan ‘n winkel wat agter hulle geplunder word nie. Foto: Alon Skuy

Van die 178 wat in hegtenis geneem is, het 83 reeds in die Protea-landdroshof verskyn waar hul sake tot 28 en 29 Januarie uitgestel is. Hulle bly in aanhouding.

Volgens die luitenant-generaal sal die oorblywende 95 verdagtes, waaronder die minderjariges, vandag in die Kagiso- en Protea-landdroshowe verskyn.

Hulle word van openbare geweld en die besit van gesteelde goedere aangekla.

Dié man is duidelik in sy noppies oor sy gratis tamaties wat op 22 Januarie in Soweto gebuit is.
Dié man is duidelik in sy noppies oor sy gratis tamaties wat op 22 Januarie in Soweto gebuit is.

Makgale meen dat die naweek redelik stil verloop het in al die gebiede waar plundery voorheen aangemeld is.

“Hoewel die situasie tans rustig is, sal die polisie ‘n ogie hou oor dinge sodat daar vinnig opgetree kan word indien voorvalle van misdaad aangemeld word.”

Polisieversterkings is in al die gebiede ontplooi totdat wet en orde herstel kan word.

“Ons moedig ook lede van die publiek aan om plundervoorvalle aan te meld en winkeleienaars om nie die reg in eie hande te neem nie,” sê hy.

Plundery het oral in Soweto losgebars nadat ‘n tienderjarige swarte verlede Maandag doodgeskiet is, na bewering deur ‘n buitelandse winkelier in Slangpark naby Dobsonville.Inwoners het uit weerwraak alle winkels wat aan buitelanders behoort, begin plunder. Hierna het die gedrag na ander dele van Soweto uitgebrei en teen Donderdag het dit na Kagiso aan die Wes-Rand en Sebokeng in die Vaaldriehoek oorgespoel.

Drie mense is dood en meer as 160 is in hegtenis geneem. Die ongevalle sluit ‘n baba in wat doodgetrap is toe die kind se ma haar in die harwar toe mense weghardloop, laat val het. Die winkelier wat daarvan beskuldig word dat hy die tienderjarige doodgemaak het, sal ook vandag in die hof verskyn, tesame met ander wat op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem is.Intussen berig AFP dat die plundery van Chinese winkels in Kinshasa in die DRK ook oor die afgelope paar dae uitgebreek het. Kongolese winkeliers kla dat die Chinese hul goedere te goedkoop verkoop, wat veroorsaak dat hulle nie ‘n bestaan kan maak nie. Chinese winkeliers het tekens op hul winkels gesit wat lui:”Moenie ons plunder nie. Dis u winkels óók!”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.