Google se skoonenergieplan van $4,4 triljoen

07:35:59 Die internetreus Google het Woensdag 'n nuwe nasionale energieplan vir die VSA voorgestel wat die land grootliks van fossielbrandstowwe

Image

Jeffery Greenblatt

kan verlos.

Die plan van 4,4 triljoen dollar is ontwikkel deur Google se filantropiese afdeling Google.org wat meen dat die land 'n netto besparing van 1 triljoen dollar oor die plan se termyn van 22 jaar kan behaal.

Die plan genaamd "Skoon energie 2030" is in 'n aanlynpublikasie deur Jeffery Greenblatt, Google.org se klimaat- en energietegnologiebestuurder onthul. Dis gegrond op die uitfassering van steenkool en olie teen 2030 en in die plek daarvan moet daar op wind- kernkrag- en geotermiese bronne gesteun word.

Dit behels ook 'n 40-persentvermindering in die gebruik van ruolie deur motors. Dit vereis grootskaalse beleggings in transmissievermoë vir wind- en sonkrag in die Grootvlaktegebied van die VSA, asook die woestynagtige Suidweste om 'n 88-persentvermindering in fossielbrandstofgebruik en 'n 95-persentdaling in koolstofdioksieduitlaat teen 2030 te behaal.

Die plan vereis ook die ontginning van geotermiese energie soos wat sleuteltegnologie oor die volgende paar jaar rypheid gaan bereik.

Ander elemente van die plan sluit in die verlaging van energieverbruik met 33 persent deur middel van energiedoeltreffende maatreëls, die stimulering van verkope van inprophibriedevoertuie tot 90 persent van nuwemotorverkope in 2030, en om die vervangingstydperk van die land se huidige vloot voertuie te verlaag tot net 13 jaar, pleks van die 19 jaar wat tans geld.

"Met 'n nuwe administrasie en Kongres – asook veelvuldige energieverwante maatreëls – is dit 'n gulde, selfs ongekende geleentheid om van 'n plant tot optrede oor te gaan," het Greenblatt gesê. "Ons sien 'n geweldige geleentheide vir die Amerikaanse nasie om ons energie-uitdagings die hoof te bied. In die proses gaan ons beleggings stimuleer, werkgeleenthede skep, verbruikers bemagtig en, terloops, help om klimaatsverandering aan te spreek."

дренажный насос для

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.