VSA en Indi? teken kernooreenkoms

Deel op

President George W. Bush het Woensdag 'n historiese kernooreenkoms tussen die VSA en Indië verwelkom. Hy het gesê die ooreenkoms sal Indië in staat stel om hulle groeiende energieaanvraag tegemoet te kom. Hy het bygevoeg dat die wetsontwerp wat deur die Senaat goedgekeur is, die strategiese venootskap tussen die twee lande sal versterk.

Deel op
Alhoewel Indië nie die Kernsperverdag onderteken het nie, sal hulle nou Amerikaanse hulp en bystand ontvang om hulle burgerlike kernprogram uit te bou. Kenners sê artikel VI van die sperverdrag plaas in elk geval net 'n vae verpligting op lande om nie aan die kernresies deel te neem nie. Dit vereis nie dat ondertekenaars noodwendig moet ontwapen nie, maar slegs dat hulle in "goeie trou moet onderhandel".

Indië is in die verlede gekritiseer omdat hulle nie volle toegang wou verleen vir inspeksie van hulle kernaanlegte nie. Met die nuwe ooreenkoms met die VSA sal Indië nou 14 van hulle 22 kernfasiliteite klassifiseer as burgerlike kernaanlegte. Oostenryk, Ierland en Nieu-Seeland het skerp te velde getrek teen die IAEA se besluit in Augustus 2008 om Indië toe te laat om aan kernhandel deel te neem terwyl hulle nie die Kernsperverdrag onderteken het nie. Indië het ook nie die Omvattende Toetsverbodverdrag onderteken nie.

'n Soortgelyke versoek van Pakistan is deur die VSA verwerp omdat hulle volgens Amerika nie dieselfde energiebehoeftes as Indië het nie.

пескоструйная обработка дисковлобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.