Selebi na koma dood

Deel op

Jackie Selebi, voormalige polisiekommissaris, is Vrydagoggend in die ouderdom van 64 oorlede, nadat hernude bespiegelinge oor sy paroolvrylating deur die omstrede regter Desai weer ter sprake gekom het.

Die regter wat voorheen oor Selebi se siektetoestand moes besluit, Siraj Desai, het dié week bevind dat Sunette Bridges haatspraakkommentaar op haar blad vergoeilik het.

Desai, ‘n Kaapse regter, is in 2004 van verkragting van ‘n vigswerker van Bela-Bela in ‘n weelderige hotelkamer in Moembaai verdink.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê dat die departement van korrektiewe dienste Selebi se dood bevestig het.

Eyewitness News berig dat Schabir Shaik, Selebi se vriend, medeparoolvrygelatene en ywerige gholfspeler, eweneens vanoggend die nuus meegedeel is. Die twee het saamgewerk in Shellhuis in die vroeë 90’s.

Selebi was glo die afgelope twee en ʼn half weke in ʼn geïnduseerde koma.

Selebi is in 2010 skuldig bevind aan korrupsie en is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het in Desember 2011 by sy huis inmekaargesak nadat sy finale appèl misluk het.

Selebi is in 2012 op mediese parool vrygelaat nadat hy volgens berigte met nierversaking, hoë bloeddruk en diabetes gediagnoseer is, maar is kort na sy vrylating in ‘n “kritieke toestand” opgemerk waar hy lustig en sonder bystand inkopies doen by ‘n besige winkelsentrum.

Clive Derby-Lewis word steeds parool geweier, ten spyte van sy ernstig verswakkende gesondheidstoestand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.