Steve mag nie by KKNK optree nie

Deel op

Steve Hofmeyr sal verhoed word om vanjaar by die ABSA KKNK op te tree. Die KKNK se bestuur het op Facebook verklaar dat hulle Hofmeyr se optredes by die KKNK sal afkeur.

Die KKNK het reeds verskeie navrae ontvang oor hoekom Hofmeyr nie op vanjaar se program is nie.

“Die Absa KKNK is trots Afrikaans én Suid-Afrikaans en daarom is ons verhoë eerder beskikbaar vir inhoud wat ons help om brûe te bou.”

Die KKNK se borge probeer klaarblyklik steeds vir Hofmeyr as ‘n “rassis” swartsmeer nadat hy op 23 Oktober op Twitter geskryf het: “Sorry to offend but in my books blacks were the architects of apartheid. Go figure.”

Sy twiet is deur Boerehaters as ‘n geleentheid gesien om hom skade te berokken en sy konserte te ontwrig.

‘n Kwaadwillige en lasterlike veldtog is deur ‘n middelmatige buikspreker met ‘n kwynende gehoor geloods, wat Hofmeyr se borge gekontak het in ‘n poging om die Afrikaans is Groot-konsert te ontspoor.

Die konsertreeks was in weerwil van die aanval ‘n reusesukses.

Hofmeyr is verlede jaar ná die Innibos-fees insgelyks deur ‘n soortgelyke groepie kwaadstekers aangeval nadat hy Die Stem gesing het.

Ná die KKNK se kommentaar is die blad oorval van kommentaar deur mense wat aangedui het dat hulle nie die fees gaan bywoon nie.

Pierré Jordaan skryf: “Dis ʼn hartseer dag vir kunste in Suid-Afrika. Kunste behoort neutraal te staan en nie kant te kies nie. Van wanneer af word ‘n kunstenaar se sienings gebruik wanneer hul genooi word? Het ons nou ‘n ‘Big Brother’ nodig om vir ons te besluit?”

Jacques Oosthuizen skryf: “Dis baie ruggraatloos van julle. Ek sal verseker nooit weer in die toekoms na die KKNK toe gaan nie. Totsiens van trotse Suid-Afrikaner en ek sal by Steve Hofmeyr staan solank as wat ek leef.”

Hofmeyr het die benepenheid sensuur van die KKNK-bestuur betreur. “Hierdie is moontlik die eerste keer dat dié kunstefees aan hul kunstenaars wêreldbeskouings voorskryf. Dit is ʼn tragedie,” het Hofmeyr gesê. “Maar niks sal my weghou van my lojale gehore nie. Ons sal elders daardie vryhede moet geniet.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.