Dankie tog vir die MRK en die Gelykheidshof!

Soweto is in ligte laaie. Diegene wat die hoofstroommedia jeugdiges noem, is op ‘n plundertog gemik teen uitlanders; diegene wat nie die plaaslike bevolking se taal, etniese herkoms of velkleur deel nie. Somaliërs, asook winkeleienaars uit Pakistan word geteiken. ‘n Bejaarde Malawiese man is op ‘n grusame wyse vermoor en vermink, wat herinner aan hoe Sjaka se krygers hul vyande se mae oopgesny het om hulle geeste vry te laat. Ander inwoners van Soweto, in wat herinner aan hoe Idi Amin die Indiese winkeleienaars uit Uganda verjaag het, verwys na die buitelanders as “honde” wat moet voertsek.

Die probleem, of dan verskoning wat aangevoer word, is die vreemdelinge se sukses as die eienaars van klein ondernemings in die lokasies. Daar is immers geen maatskaplike toelaes in Somalië of Pakistan nie, en dus moet die mense werk om te oorleef, iets wat nie ‘n vreeslik gewilde konsep onder die plaaslike bevolking is nie. In die Engelse pers word ene Joseph Mthethwa, ‘n inwoner van Soweto, aangehaal. Mnr Mthethwa analiseer die oorsaak van die geweld as volg: “They have brains, they can do things that we can’t . . . they are starving us of business.”

Inderdaad.

Laat ek dus opsom: Mense word geteiken omdat hulle ‘n ander taal praat, van ‘n ander etniese groep is, en ook omdat hul velkleur verskil. Hulle winkels word geplunder, selfs deur lede van die besonder effektiewe SAPD, wat in 80% van alle misdade op die toneel is, voordat die misdaad eens aangemeld is. Mense word ook vermoor deur die bendes. Klink vir my baie na rassistiese haatmisdaad, nie waar nie? Om mense honde te noem, is duidelik rassistiese haatspraak. Maar nee, dit is glo “xenofobie.” Die hoofstroommedia weier dus om swart rassiste en rassisme op sy naam te noem. Swartes kan mos nie rassiste wees nie? Nee! Dis te erg vir die lyer aan die geestelike ongesteldheid bekend as politieke korrektheid om te aanvaar! Selfs die term xenofobie word egter bevraagteken. ‘n ANC-politikus beweer gister dat hierdie rassistiese haatmisdaad nie eens xenofobie is nie, maar glo gewone misdaad. Nes plaasaanvalle ook glo niks behalwe gewone misdaad is nie.

Gelukkig het ons hier, in die wonderlike, nie-rassige NSA, instansies wat geskep is om presies na hierdie soort rassistiese haatmisdaad te kyk. Enige redelike mens sou dink dat die Menseregtekommissie, asook die Gelykheidshof, hulself vir jare lank sou kon besig hou met hierdie soort ding. Al die elemente van dít waarvoor beide instansies gestig is, is immers hier teenwoordig: Growwe skendings van menseregte. Haatspraak. Openlike rassisme en die aanblaas van etniese haat. Rassistiese haatmisdade en geweld.

Maar nee, redelikheid is nie iets waarvan mens een van hierdie twee instansies kan beskuldig nie. Met twee Joodse vervolgers (let wel: Nie aanklaers nie, want hierdie is ‘n blote heksejag) aan die spits, is die MRK en Gelykheidshof besig met ‘n veel belangriker saak: Die ondersoek na Sunette Bridges se uitlatings op Facebook. Me Bridges se sonde was om na plaasaanvallers as barbare te verwys. Van haar volgelinge het op haar Facebook-blad gereageer, en daarom is die heksejag teen haar van stapel gestuur, in wat slegs as ‘n boendoehof beskou kan word, ‘n instansie met die doel om eensydig op sogenaamde blanke rassiste jag te maak. Wat is ‘n paar dooie uitlanders, ‘n brandende lokasie en grootskeepse etniese geweld nou, vergeleke met ‘n Facebook-inskrywing? Met matelose arrogansie het die Indiese voorsittende beampte vir me Bridges na Kaapstad gedaag, ipv om die sitting in Gauteng, waar die slagoffer van die heksejag woon, te laat plaasvind: “Ons sal hierdie blanke rassis wys wie is baas!”

Ek wil daarom my innige dank teenoor die Gelykheidshof en die MRK betuig. Danksy julle edele optrede, wat rassistiese geweld en haatmisdaad in Soweto ignoreer, en eerder gevaarlike blanke sangeresse se Facebook-inskrywings aan die kaak wil stel, slaap ons almal veiliger in die aand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Boere beer

    Goeie skrywe, Manfred, weereens.
    Daar bleik niks gevaarliker te wees as n Afrikaanse sanger/s of n ou boer en sy vrou wat rustig le en slaap nie.
    Aan die eenkant voel ek tokkol vir die Somaliers, Tjings, en wat ookal nog hier kom squat, sonder om belasting te betaal. Maar weereens bewys die sprinkane hulle self, wil alles he maar nie daarvoor werk nie. Steel liewer die ander werker se kos Waarom was die regeringloos so vining om te se dit was NIE Xenophobia nie?

  • RSA PATRIOT

    Goeie stuk. Ek is nou keelvol vir hierdie heksejag teen nie-konformiste van die PK-geloof. Me. Bridges het gisteraand ‘n uitstekende onderhoud op die JJ McCartney Show gehad waarin sy die situasie perfek opsom.

  • Rooikop

    Xenofobie = rassisme. Jy mag egter net daarvan aangekla word as jy blank is want dan is jy by verstek ‘n rassis. Dit is soos die redenasie werk.

  • BOERIE

    Ek stem!

  • Juan Olivier

    Hulle moet ook nie virgeet om die ANC ministers se huise af te brand nie wat so baie mense in die land lat inkom in die eerste plek.

  • Riempies

    Was dit nie Malema wat vir Mugabe gaan kuier het om kers op
    te steek en is dit nie ook hoofsaaklik Zimbabwiers wat betrokke is by die
    moorde op blankes nie? Hoekom word Indiers en Somaliers geteiken wat eerbaar
    hulle geld probeer verdien maar nie n woord oor die Zimbabwiers nie?

    • Statetheobvious

      Interresant dat jy vra Riempies – het ‘n jaar gelede op hierdie kommentaar van ‘n swart man op Yahoo afgekom – nogals insiggewend en ek dink dit behoort jou vraag te antwoord:
      “0users disliked this commentTim  •  2 hours 16 minutes ago 
      Report Abusehe`s living in cloud-cuckooland because the wrongs that must be redressed now are those caused by them in the past twenty years!whites did not give blacks white biblical names but ou parents did choosing names of the most powerful prophetes of the lord jesus…in twenty years of their rule thirty million blacks have perished…killed by them by not disarming former securocrats and special forces and not moniytoring them and stripping blacks of al, defences and security and leaving them to their own devices!
      We appealed to him to defend children at school who were being ravaged and devoured by the third force instead he unleashed bullies against hawkers and now children disappear before end of their year of registration!
      their rdp houses and shacks have been taken from them by the foreign nationals they bring here and allow them to acquire millitary training and start paramilitaries and private army unde the cover of scurity guards companies!blacks enjoy relatively safety unde the previous rul;e including security of tenure.when the session to bring a million zimbabweans here was on not one of these black parties opposed it on the grounds that it was gonna be detrimental to blacks”

  • hardtalkforum

    Manfred, kan jy my asb kontak by editor@hardtalk.co.za? Ek wil graag hierdie skrywe en ander van jou gebruik.