Olieprys styg na dood van Saoedi-Arabië se koning

Die prys van olie het na nuus van die dood van Koning Abdullah van Saoedi-Arabië, die grootste produsent in die Organisasie van Petroleumuitvoerlande, gestyg.

Kroonprins Salman bin Abdul Aziz sal Abdullah, wat op die ouderdom van 90 oorlede is, opvolg.

As een van die mees konserwatiewe Moslemlande, is die land ook glo een van die grootste ondersteuners van ISIS in die Midde-Ooste.

Die koninkryk, die wêreld se grootste ru-olie-uitvoerder, se besluit om sy olie-produksiekwota te handhaaf op ‘n vergadering in November, het ‘n globale ooraanbod geskep wat pryse laer gedwing het.

Die koning se afsterwe maak Elizabeth II van Brittanje nou die oudste monarg in die wêreld.

Die tyd raak intussen min tot die spertyd wat Islamitiese militante vir Tokio gestel­ het om US$200 miljoen te betaal vir die lewens van twee Japannese­ burgers wat hulle as gyselaar­s hou.

Die Japannese regering sê alles moontlik word gedoen om die vrylating van die vryskutjoernalis­ Kenji Goto en die kontrakteur Haruna­ Yukawa te verseker.

Jihadistiese beeldmateriaal wat Dinsdag op die internet vrygestel is, wys ’n messwaaiende militant wat oor twee knielende Japannese mans staan, iewers in ’n woestyn in óf Sirië óf Irak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.