Blade dreig terwyl studente op universiteite toesak

Deel op

Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het dit duidelik gemaak dat geweld by universiteite nie geduld sal word nie, het RSG berig.

Registrasie by die Universiteite van Pretoria en die Witwatersrand is ontwrig. Studente by Wits het gedreig om die universiteit af te brand indien hulle nie staatsbeurse kry nie.

Nzimande sê geweld is heeltemaal onaanvaarbaar en hy sal optree teen diegene wat daarvoor verantwoordelik is. Hy sê om biblioteke af te brand, is ‘n tree terug vir die land.

Nzimande sê hy het die kwessie geopper toe hy studenteverteenwoodigers in Pretoria toegespreek het.

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het intussen gesê hy sal sowat vyfduisend studente nie met finansiering kan bystaan nie.

Die universiteit het 475 miljoen rand van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema, of NSFAS, vir die akademiese jaar gekry. Die universiteit het meer as 90 000 aansoeke van eerstejaarstudente ontvang.

Die waarnemende visekanselier, Lourens van Staden, sê hulle sal hulle bes probeer om te verseker dat van die studente bygestaan word.

Van Staden sê universiteite kan ook nie verwag dat die regering in al die land se behoeftes sal voorsien nie en sal dus ook hulle kant moet bring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.