Obama maak reg vir Indië

Deel op

Die Amerikaanse president, Barack­ Obama, kom die naweek op sy tweede besoek in Indië aan. Washington is gretig om bande met Indië te herstel, om Rusland en China se goeie verhoudinge met dié Asiese reus te troef.

Obama sal die gas van premier Narendra Modi wees, wat skaars ’n jaar gelede ’n uitgeworpene­ in Washington was.

Benewens bilaterale gesprekke, sal die leiers van die wêreld se twee grootste “demokrasieë” hoof uitvoerende­ beamptes toespreek, aan ’n inbelprogram oor die radio deelneem en ’n skouspelagtige­ ­optog dophou wat glo die weerspieëling­ van hul hegte bande sal wees.

Obama en sy vrou, Michelle, sal ook die Taj Mahal besoek waar honderde­ fotograwe die paartjie se eerste besoek aan een van die wonders van die wêreld sal inwag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.