Veldwagter se seun steel glo voertuig vir stropery

Deel op

Twee vermeende renosterstropers wat glo ‘n oop wildbesigtigingsvoertuig van ‘n nabygeleë hotel gesteel het om ‘n witrenoster by die Nasionale Krugerwildtuin se Paul Kruger-hek te stroop, het verlede Donderdag weer in die Nelspruit Streekshof verskyn, het die Laevelder berig.

Excellent Blues Shabangu (28) en Tsepo Mashele (28), die seun van Phalaborwa-streeksveldwagter mnr. Derrick Mashale, staan beide tereg op agt klagtes nadat hulle op 7 April 2014 gearresteer is. Die ontdekking van ‘n witrenoster se karkas ongeveer vyf kilometer van die Paul Kruger-hek het tot hul arres gelei. Die renoster se horing was glo op daardie stadium reeds gestroop.

Senior staatsaanklaer me. Ansie Venter het die staat se saak vir die eerste keer op 3 Oktober 2014 aan die hof voorgehou. Die twee beskuldigdes word aangekla van sameswering tot renosterstropery deurdat hulle na bewering ‘n Toyota Hilux-wildvoertuig gebruik het om ‘n witrenoster te stroop, sonder dat die voertuig se eienaar tot die gebruik daarvan toegestem het.

Hulle word ook aangekla daarvan dat hulle ‘n witrenosterhoring gesteel het. Verdere klagtes van onwettige vuurwapenbesit en die onwettige besit van ammunisie met die doel om die witrenoster te jag, en handeldryf in witrenosterhoring sonder ‘n permit, staar hulle ook in die gesig. Laastens woord hulle van onwettige jag in die Skukuza-omgewing aangekla.

Shabangu en Mashele se saak is tot 26 Maart uitgestel. Beide beskuldigdes sal tot dan in aanhouding bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.