EFF dring daarop aan om soos Rooi Miere te lyk

Deel op

Die EFF se hoofsweep, Floyd Shivambu het verklaar dat die party hom nie aan klereddragbepalings gaan steur nie.

Die parlementêre komitee het ‘n kleredragkode vir parlementslede bespreek. Die meeste opposisiepartye, waaronder die DA en IVP, asook die ANC stem egter saam dat ‘n kleredragkode nodig is.

Shivambu het aan die subkomitee van die Parlement se reëlskomitee gesê dat nie wette òf reëls die party sal keer om hulle rooi oorpakke in die Nasionale Vergadering te dra nie.

Die EFF se rooi oorpakke lyk op ‘n haar soos dié van die Rooi Miere wat as munisipale uitsmyters optree en onwettige krotte afgreek.

Shivambu het gesê partylede sal aanhou om rooi oorpakke en werkersklere te dra, ongeag wat die komitee se besluit.

Hy het met die gewone beperkte logika van sy party verklaar dat EFF-parlementslede “nie vir die ANC of die Parlement werk nie, maar vir die kiesers wat vir hulle gestem het”.

Alle belastingbetalers dra egter by tot die instelling en die verkose lede se vergoeding, selfs al stem hulle nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.