Swart skare sak toe op vrag vol beeste

Deel op

ʼn Vragmotor wat beeste vervoer het, het Dinsdagmiddag naby die Grasmere-tolplaza omgeslaan en verongeluk nadat daar glo klippe van ʼn brug af gegooi is.

Volgens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ʼn skare swartes op die beeste toegesak. Alhoewel baie van die diere ernstig beseer is in die ongeluk, het die oorblywende trop van die tierende skare probeer vlug.

“Hulle bedoeling was om vleis van die lewende diere af te kap. Van die diere kon nie ontsnap nie en is deur die groep mense gesteel of opgekap.”

Volgens die DBV was die polisie, brandweer en ander reddingseenhede op die toneel om die skare te beheer en die beeste wat nog in die wrak vasgekeer was, te bevry. Die beeste wat nie gered kon word nie is op die toneel geslag.

Die bestuurder van die vragmotor is volgens berigte ernstig beseer, het Sapa berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.