Zuma: SA gaan krag van privaatinstansies aankoop

Deel op

Die Suid-Afrikaanse regering het in Davos, Switserland aangekondig dat hulle krag van privaatinstansies sal aankoop.

Dié aankondiging is deur President Jacob Zuma gemaak wat die Wêreld Ekonomiese Forum in die Alpe bywoon. Zuma sê 923 megawatt se onafhanklike elektrisiteit is reeds by die nasionale kragnetwerk gevoeg.

Die land gaan vier duisend megawatt se elektrisiteit van privaat kragverskaffers bekom.

Die president het gesê die aanskaffing van hernubare energie het reeds meer as R80 miljard rand van privaatbeleggers gelok.

Zuma het ook erken dat instandhoudingswerk die afgelope paar jaar afgeskeep is en dat die land sukkel om die ligte aan te hou.

Hy sê Suid-Afrika sal bou op die sukses van sy hernubare energieprogram om ‘n betroubare, skoon en mededingende kragopwekkingsnetwerk te verseker.

Die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, het Woensdag die besluit van drie van Eskom se uitvoerende beamptes verwelkom om hulle besoek aan die WEF-byeenkoms in Switserland te kanselleer.

Eskom het vroeër die besoek van die drie amptenare gekanselleer na kritiek oor die besoek wat sou plaasvind te midde van die kragvoorsieningskrisis.

Die regering het by die byeenkoms die versekering gegee dat die kragkrisis in die land, nie sy pogings om internasionale beleggers te lok sal ontspoor nie.

Die internasionale beraad word by die luukse ski-oord gehou, waar wêreldwye sosio-ekonomiese uitdagings bespreek word.

Nene sê die regering probeer om uitdagings soos die trae ekonomiese groei, energie-krisis en werkloosheid op te los.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.