Totale onkunde heers in VSA oor MLK

Jan Viljoen skryf dat hy vandeesweek vir ‘n bietjie afleiding sit en kyk het na ‘n video van ‘n meningspeiling wat in San Diego gemaak is. Groot was sy ontnugtering:

Dié week was dit Martin Luther King-dag in Amerika en die dag word deur spesiale wetgewing, die “King Holiday and Service Act” afgedwing vir elke derde Maandag in Januarie. Dit is die enigste openbare vakansiedag van al die Amerikaanse vakansiedae wat ‘n enkele persoon, ‘n swart aktivis vereer, behalwe dié van volkstigter George Washington. Sy geboortedag is ook ‘n openbare vakansiedag. Die res is almal dae soos Onafhanklikheidsdag (Independance day) en Danksegging (Thanksgiving).

Martin Luther King is dus die enigste onlangse persoon wat ‘n vakansiedag het wat spesiaal aan hom opgedra is. Die meeste mense sal miskien slegs kan onthou dat Martin Luther King die “I have a dream…”-toespraak gelewer het. Min mense kan egter onthou wat hy gesê het.

Selfs minder mense weet dat hy in werklikheid ‘n korrupte uitvaagsel, dweper en vroueslaner was wat gereeld van straatvroue se dienste gebruik gemaak het. Ek gaan nie van die woorde en taalgebruik herhaal, wat danksy FBI-meeluistering rugbaar geraak het nie. Wat die heilige pastoor en Amerikaanse lieflingsfiguur tydens sommige van hierdie sessies ge-uiter het, ek laat ek maar aan die leser oor om self na te vors.

MLK het, nodeloos om te sê, nie alleen spesiale wetgewing wat sy vakansiedag afdwing nie, hy het selfs spesiale wetgewing wat sy FBI- en ander rekords beskerm, die “Martin Luther King Jr. Records Collection Act”, of die “MLK Records Act”.

Sy rekords is deur Regter John Lewis Smith vir vyftig jaar geseël, “…to prevent the rise of a ‘black messiah’ and replace Dr. Martin Luther King, Jr. with a ‘clean Negro’”. Niemand kan of mag toegang daartoe verkry nie, selfs nie eers met die “Access to Information Act” wat iemand gewoonweg in staat sou stel om vertroulike inligting aan te vra nie.

Dit alles “om ‘n skoon neger” te bewerkstellig soos die regter dit stel. Maar met die die verloop van jare is daar al genoeg inligting gelek sodat die publiek ‘n redelike prentjie van die regte Martin Luther King kon vorm en die Amerikaanse heilige is allesbehalwe die vroom en eerlike “skoon neger” wie se lewe om integriteit en inbors gewentel het.

Die opname wat in San Diego gemaak is, is deur ene Mark Dice gedoen en hy het ‘n bietjie onder mense gaan rondvra wat Martin Luther vir hulle beteken, veral gesien in die lig dat MLK as swart aktivis, humanis en mensregtestryder, skynbaar meer vir Amerika gedoen het as enige van die ontslape presidente, leiers en volksvaders, want hy is die enigste persoon wat spesiaal met ‘n dag van sy eie vereer word.

Mark Dice is ‘n media-ontleder en ‘n skrywer.

Die eerste persoon wat op die video gewys word, word deur Dice gevra of sy gehoor het dat Martin Luther King daardie oggend (19 Januarie 2015) oorlede is. Haar verslae reaksie is dat dit ‘n jammerte is want sy (MLK) se toespraak is een van haar gunsteling toesprake, saam met JFK se toespraak en Lincoln se toespraak. Toe Dice haar vra of sy na die begrafnis toe sal gaan, het sy geantwoord dat sy pas van sy afsterwe verneem het, want sy het nie die nuus gekyk nie.

Toe Dice vir haar noem dat die aktivis daardie oggend op die ouderdom van 93 jaar aan ‘n koronêr dood is, antwoord sy dat dit in daardie geval darem dan nie so sleg is nie.

Die volgende persoon word deur Dice gevra of hy gehoor het dat Martin Luther King, die eerste “African American” wat op die maan geloop het, daardie oggend oorlede is en hoe die persoon voel oor MLK se nalatenskap.

Die kêrel antwoord dat dit jammer is maar wat kan ‘n mens sê? Volgens hom was MLK ‘n goeie mens en hy meen dat daar meer mense soos hy moes wees. Hy was ‘n goeie rolmodel vir almal. Miskien, reken hy, kan hulle dalk eendag nog selfs dalk ‘n openbare vakansiedag skep om hom te vereer. Indien daar wel so ‘n dag geskep word, sê hy, wil hy daardie dag nie werk nie, maar darem nog sy betaling ontvang.

Dice noem aan die volgende vrou dat toe hulle Martin Luther King se gesig op Mount Rushmore aangebring het, dit ‘n reusetree vir Amerikaanse rassegelykheid was. Ewe kopknikkend sê sy dat sy saamstem. Maar sy sê dat sy voel dat daar nog ‘n lang pad is om te gaan.

Aan die volgende ou vra Dice wat Martin Luther King, wat ‘n groot generaal in die konfederasie was en wat die Gettysburg-toespraak gelewer het, wat selfs vandag nog uitgesaai word, se nalatenskap was. Hy vra wat die ou se gevoel sou wees rondom die finale uitroeiing van rassisme om die MLK-droom van rassegelykheid te bewerkstellig. Die ou sê hy weet eintlik nie, want daar is nog soveel ander goed op ander plekke, soos die Missourie-kwessie, wat aangaan. Maar hy sê dat hy dink dat dit tans beter gaan as voorheen.

Vir die volgende vrou vra hy of sy gehoor het dat Martin Luther King in die afgelope uur op die ouderdom van 93, dood is. Hy wil weet wat haar gevoel is t.o.v. King se nalatenskap en wat haar opinie is oor wat MLK vir die land gedoen het. Sy sê dat sy nie geweet het dat die aktivis dood is nie, maar dat sy dink dat hy ‘n goeie mens was en dat sy jammer is om te hoor dat hy dood is en almal moet in sy spore moet probeer volg. Volgens haar is daar darem al gevorder met rassegelykheid, maar dat daar nog ‘n baie lang pad is om te gaan. Sy noem dat alhoewel sy nie die begrafnis gaan bywoon nie, want begrafnisse is te treurig, sy darem die uitsending op die televisie sal dophou.

Hierdie mense was besig om MLK-dag te vier en my oggend het gewissel van afgryse tot ongeloof. Die video kan hier gesien word.

Ek gee werklik nie om as iemand oningelig is nie. Ek sal seker die eerste een wees om te bieg dat ek soms oningelig is en dat dit ongelooflik maklik is om ‘n nar van jouself te maak, maar daar is ‘n aksioom wat gevolg moet word, en dit is dat die slim ou iets sê want hy het iets wat gehoor moet word en dat die idioot iets sê want hy wil gehoor word.

Hierdie mense is besig om Martin Luther King se spesiale vakansiedag te vier. Amerika se “skoon neger” wat met sy voorbeeldige lewe die pad vooruitgestap het om die kettings van onderdrukking van elke swart Amerikaner af te werp en wat vir sy trotse en manhaftige onboetvaardige dade vermoor is.

Of so word die skape wysgemaak. Maar hierdie mense het nie die vaagste idee wie of wat MLK was nie. Hulle weet nie, want die media het nagelaat om dit vir hulle stadig en drupsgewys te voer. Om iemand oor ‘n lang tydperk subtiel te breinspoel is anders as om iemand met valse feite en verdraaiings te bombardeer en te oorrompel en te hoop iets haak iewers vas. Ons is slawe van die massamedia, ons is slawe van ons regerings en ons is slawe van groot ondernemings, wat elkeen hulle eie reëls maak. Reëls wat op ons afgedwing word en die luuksheid om jou eie oordeel te gebruik en om jou eie verstand aan te wend word ons ontneem. As jy iets doen of sê wat nie die amptelike standpunt weerspieel nie, sal jy aan die volle mag van die staatsmasjinerie onderwerp word. Dit hang natuurlik ook alles af wie jy is en aan watter groep jy behoort, want verskillende wette is op verskillende groepe van toepassing. Ons wetstelsel, soos ons regering, is allesbehalwe onafhanklik en deursigtig.

Hoekom is dit vir my so moeilik om iets soos hierdie video te aanskou? Want dit is wanneer ek begin besef hoekom ons slawe is en hoekom ons soos slawe hanteer word. Elkeen van hierdie mense, alhoewel hulle nie die vaagste idee het waarvan hulle praat nie, het ‘n opinie. En daardie opinie is duidelik die een wat op die oomblik heers, die een wat deur die massamedia voorgeskryf word en deur die regerings en regstelsels afgedwing word. Hierdie mense blêr blootweg op die maat van die musiek wat vir hulle gespeel word. Wanneer ‘n mens goed lees soos Marelise van der Merwe se skryfsels en wanneer ouens soos Max du Preez en Vuilpiet hulle monde oopmaak en hulle papegaai dieselfde ge-ykte media deuntjie oor en oor, dan wonder ons soms hoekom die mense skynbaar nie kan dink nie. Want hulle is gereedskap, nuttige idiote en alhoewel hulle, soos die mense in die video, nie die vaagste idee het waarvan hulle praat nie, gaan niks en niemand hulle keer om narre van hulleself te maak nie en veral as hulle groot ego’s gevoer kan word, want hy of sy het ‘’n “koerant” waarvoor daar met “joernalistieke integriteit” en “vryheid van spraak” geskryf kan word, is dit nog soveel erger.

Sommige mense weet nie dat hulle nie weet nie en hulle wil nie reggehelp word nie, want die ego is te groot en hulle wil gehoor word, maar het nie noodwendig iets om te sê nie, behalwe om massamedia se gonswoorde te herhaal.

Dus het my oggend in afgryse en ongeloof verloop en net toe ek dink dat dit seker maar net ‘n vloekskoot was, dat ek seker maar net te krities is en dat sulke goed my sal tref, kom ek op die volgende video af.

Ek wil eintlik nie veel meer sê nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • RSA PATRIOT

    Hierdie verhaal sien ek elke dag in Suid-Afrika wanneer Mandela opgehemel word.

    Toe ek gister vir Amerikaanse vriende op Facebook vra wat MLK vir hulle beteken, het twee gesê dat hulle hom respekteer omdat hy “die slawe bevry het”. Ek as Suid-Afrikaner weet tot dat slawe al vele dekades voor daardie tyd bevry is! So heers die onkunde onder die Amerikaanse jeug en dit was vir my absolute dé ja vu. Nes die Amerikaanse jeug glo dat MLK ‘n “bevryder” is, glo die Suid-Afrikaanse jeug dat NM ‘n held en “bevryder” is. Dit is wat indoktrinasie en propoganda kan verrig. Joseph Goebbels sou trots gewees het!

    My boodskap is eintlik in dieselfde sin as die titel van hierdie stuk: Totale onkunde heers in SA oor NM

    • Ratel

      Jy is so reg Patriot.
      Die media kan nie ophou om die ou terroris op te hemel nie, maar die video’s waar hy “kill the boer” sing word nooit gewys nie, die hoeveelheid wapens en plofstof wat uitgekom het tydens sy verhoor word nooit gewys nie, die feit dat onder sy bevel onskuldiges mans, vrouens en kinders vermoor is, sal ook nooit gewys word nie en net soos MLK is die meeste mense totaal onbewus oor wie of wat Mandela regtig was.
      Die media is lief om die swart mesiasse te skep, maar hulle het werkilik nie ‘n vreeslike groot poel om van te kies nie, en al hulle godjies het voete van klei.

      • RSA PATRIOT

        NM is tronk toe vir sy “oortuigings”. Nie vir bomme plant en tonne se ammunisie wat in sy huis gevind is nie.

        Hy was onskuldig en moes eintlik nooit tronk toe gegaan het nie. En dit is die enigste storie wat ons mag glo.

    • Rooikop

      So reg – mense dink nie. Die skoolstelsel help ook om mense se breine te verwyder (nou praat ek van skool vir die laaste 40+ jaar). Jy mag nie van ‘n onderwyser in opinie verskil nie. Dieselfde by die kerk. Ons predikante het strooi in mense se koppe geplant.

      Verder het ons mense geglo koerante (nagpers) voer vir hulle sielekos – maar dit is toe al die tyd dwelms en verblinding. Persepsies is wat tel – dit is waarop mense besluite maak. Waarheid maak nie saak nie. Bestuur die persepsies en jy bestuur die uitkoms van mense se besluite.

      Dit gaan lank vat om die wêreld se seining oor die Afrikaner en sy lot te verander. Ons vyande is baie magtig maar nie onoorwinbaar nie.

      • RSA PATRIOT

        Ons gaan ‘n inligtingsoorlog moet voer. Koerante, tydskrifte, dokumentêre films, boeke, flieks, ens. Die vraag is waar die soldate vandaan sal kom?

        • Rooikop

          Dit is ons almal wat reeds hier besig is om dinge op die web vas te lê. Die internet is net so geduldig soos papier. Soekenjins maak dinge net baie meer toeganklik.

    • Jaybee

      Almal dink die son het uit die terroris se gat geskyn. Hy moes die doodstraf gekry het die stuk gemors.

  • Vrystaat

    Al die gebeure wys net weer hoe naby ons aan ‘n eenwereldregering staan. Dis hoe hulle kry wat hulle wil he. Breinspoeling van die massas.

  • Vrystaat

    En die Amerikaners is oor die algemeen redelik oningelig oor die meeste dinge. ‘n Vriend van my het ‘n hele paar jaar gelede daar gaan werk en van wat hy my vertel het van die Yanks het dit bevestig.

  • Guest

    The American Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM for short) defined a new mental illness, the so-called “oppositional defiant disorder” or ODD. As TheMindUnleashed.org informs us, the definition of this new mental illness essentially amounts to declaring any non-conformity and questioning of authority as a form of insanity. In short, according to US psychiatrists, only the sheeple are sane.

  • emiel

    In George Orwell (Eric Arthur Blair) se profetiese fiksie ,1984 (geskryf in 1948), bestaan die meerderheid van die bevolking uit ‘n oningeligde, agterlike, beheerbare klas (die sogenaamde “proles”). Lyk my dat realiteit besig is om fiksie in te haal.

  • william

    As ek rondom my kyk kan ek somtyds nie glo dat ons in die 21ste eeu lewe nie. Die agterlikheid van sekere mens spesies is so opvallend. Watter voorbeeld was Nelson Mandela nou eintlik.?Hy laat my baie dink aan Che Guevarra wat n kultus figuur is. Che was n terroris en mense moordenaar maar in die oe van die gepeupel is hy n held. Nelson het die swartmense kom red, van wat weet ek nie. Vandag is is hulle die slawe van kommuniste. Hulle is die slagoffers van armoede en werkloosheid. Dan stem hulle weer vir die ANC. Dit is wat propaganda en breinspoeling doen aan mense.

    • Jaybee

      Amen

  • william

    Ek wonder of Jan Viljoen miskien n webtuiste kan aanbeveel waar die ware Martn Luther King aan die kaak gestel word. Sal interresant wees om meer te weet

  • Vrystaat

    Ek se weer. As jy ‘n leuen genoeg herhaal, word dit as die waarheid aanvaar. Soos dat Mandela ‘n hero is. Hy was ‘n terroris. Finish en klaar!

  • Zapata

    Doen navorsing oor die Black Panther beweging in die VSA en jy sal sien waar die raakvlakke met MLK is.