Zambiese verkiesingsuitslae vertraag

Deel op

Die Zambiese presidentsverkiesing sal steeds by sommige stempunte voortgesit word nadat dit nie Dinsdag kon open nie.

Volgens die land se verkiesingkommissie kon stemmateriaal en personeel nie betyds by afgeleë gebiede afgelewer word nie, omdat swaar reën wat uitgesak het, die aflewering verhoed het.

Vliegtuie is elders aangewend om noodlenigingswerk in vloedgeteisterde gebiede te doen, wat die proses verder vertraag het.

Voorlopige uitslae van die Zambiese presidentsverkiesing toon dat die kandidaat van die regerende party, Edgar Lungu ‘n groot voorsprong geniet.

Lungu het in sommige kiesafdelings byna 80 persent van die stemme op hom verenig.

Oproer deur by die nasionale uitslagsentrum het gelei tot groter veiligheidsmaatreëls. Die leier van die opposisie, Hakainde Hichilema het aangedui dat sy party ‘n klag by die verkiesingskommissie sal indien oor beweerde onreëlmatighede.

Weens die talle oponthoude, is dit onwaarskynlik dat die finale uitslag môre bekendgemaak sal word voor die inhuldiging wat vir Vrydag beplan is.

Die opposisie, die United Party for National Development, het groot steun in die gebiede wat deur die oorstromings geraak word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.