Duur universiteite is ‘voortsetting van rassisme’

Deel op

Die Departement van Hoër Onderwys sê hulle is bekommerd oor die hoë koste van tersiêre onderrig wat ‘n voortsetting van rassisme is.

‘n Woordvoerder sê hulle beplan om die klasgeld deur ‘n regsraamwerk te standardiseer, het RSG berig.

President Jacob Zuma het tydens sy agt Januarie-verklaring dit benadruk dat hoër onderwys al hoe duurder begin word.

Die Departement sê wanneer universiteite soos Stellenbosch en Kaapstad hulle gelde verhoog, word dit al hoe minder bekostigbaar om te gaan studeer en dit is net die kinders uit welgestelde gesinne, wat meestal wit is, wat die studiegeld kan bekostig.

Volgens die departement is dit ‘n voortsetting van rassisme wat betref die toegang tot hoër onderwys, omdat die armer studente na die ander universiteite soos die Vrystaat en Fort Hare sal moet gaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.