Bejaardes in jongste plaasaanval gemartel

Deel op

‘n Tagtigjarige boer van De Wildt in Noordwes, is die jongste plaasmoordslagoffer wat gemartel is in ‘n aanval deur drie swartes.

‘n Polisiewoordvoerder het Woensdag die aanval bevestig, en gesê hulle ondersoek ‘n saak van roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer, en poging tot moord.

Hannes van der Merwe het Dinsdag ‘n kilometer ver, in ‘n erg beseerde toestand, gestrompel om hulp by die bure te ontbied. Die swart aanvallers het Van der Merwe met ‘n byl aangerand en ‘n strykyster gemartel.

Van der Merwe is Dinsdagoggend buite die huis deur drie gewapende swartes oorval en aangerand met ‘n byl. Hy en sy vrou Annetjie (76) is daarna in die slaapkamer vasgebind.

Sy vrou het hulp per noodradio ontbied, maar is oor die kop geslaan waarna die radio uit die muur geruk en stukkend gegooi is, het sy buurvrou gesê. Die aanvallers het die bejaarde boer daarna met strykyster gemartel vir sy kluis se sleutels.

Die swartes het vuurwapens, ammunisie en ander waardevolle besittings geplunder en die eienaars se voertuigbande stukkend gesteek voor hulle op die vlug gelsaan het, sodat Van der Merwe moes loop om hulp te ontbied.

Die egpaar word tans in die Mediclinic in Brits behandel.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.