Katz en Rubinstein braai vir Sunette Bridges oor ‘rassisme’

Twee Kaapse regsgeleerdes, Anton Katz en Brigit Rubinstein, het gister in die Wes-Kaapse Hooggeregshof namens die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen die sangeres Sunette Bridges opgetree. Advokaat Anton Katz het aan die hof gesê dat dit gaan om die Grondwet en dat niemand in die land “haatspraak mag pleeg nie”.”As hierdie voorbeelde getuienis van haatspraak is, speel Sunette Bridges woer-woer met die Grondwet,” het Katz gesê. “Is hierdie voorbeeld getuienis van haatspraak of nie? Dis wat die hof aan ons moet sê.”

Brigit Rubinstein van Cliffe Dekker Hofmeyr
Brigit Rubinstein van Cliffe Dekker Hofmeyr

Me. Brigit Rubinstein, ‘n vennoot van Cliffe Decker Hofmeyr, “adviseer” die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor die saak teen Sunette Bridges en sy is gister by die hof saam met Tammy Carter van die SAMRK afgeneem.

Volgens Rubinstein, het sy en die Menseregtekommissie Bridges “in die openbaar versoek om die saak te hanteer. Die SAMRK verkies dat dit deur bemiddelling geskied, dat sy verantwoordelikheid neem vir die plasings wat sy [op Facebook] gemaak het en dié wat sy as rassisties beskou, moet uitwis.”

Advokaat Paul Kruger, wat as prokureur vir Bridges optree en wat voorheen in die Boeremagsaak namens verskeie aangeklaagdes opgetree het, meen dat sy kliënt nie rassisties is nie en nie verantwoordelik gehou kan word vir die uitlatings van ander op haar Facebookblad nie.

“My kliënt word verantwoordelik gehou vir kommentaar wat deur ander gemaak is. Sy het self nooit die k-woord gebruik, of Adolf Hitler aangehaal nie,” het hy in die hof gesê nadat Katz twee voorbeelde aangehaal het van ander mense wat op Bridges se Facebook gereageer het.

Paul Kruger het buite die hof verklaar:

“Ek dink nie sy kan verantwoordelik gehou word vir dinge wat ander mense op haar Facebookblad kwytraak nie, ten minste nie voor die voet, onbepaald en onvoowaardelik nie.

“Dié kwessies moet deur die hof tydens die volgende sitting op ‘n deskundige manier ondersoek word, en ek is bly dat die regter daardie beslissing gevel het.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.