‘Daar’s apartheid in Frankryk’, meen Franse eersteminister

Deel op

Die sosialistiese eerste minister van Frankryk, Manuel Valls, het dit vandag betreur dat daar “apartheid” in sy land bestaan. Tydens ‘n toespraak  voor die media het hy gesê:

“Oor die afgelope tyd het vele mense die euwels wat aan ons land knaag beklemtoon of die uitdagings wat ons in die gesig staar. Daarby moet gevoeg word die verdeeldheid, die spanning wat al geruime tyd opbou en waarvan min gepraat word… Die buitestedelike uitwerping van sommiges, die ghetto’s, dit waarvan ek reeds in 2005 gepraat het, ‘n territoriale, maatskaplike en etniese apartheid, wat in ons land ontstaan het.”

Hy het verder na die onluste van 2005 verwys toe duisende motors deur swartes en Arabiere aan die buitewyke van Parys verbrand is en gesê:

“Agterna vergeet ons, dis maar hoe dit is… Die onluste van 2005, wie onthou dit vandag nog, en tog… Die letsels is steeds daar.”

In ‘n verdere poging om immigrantestemme te werf, het Valls ook die diskriminasie teen mense van nie-Franse afkoms bekla.

Valls het verwys na die “maatskaplike ellende…. waartoe gevoeg kan word die daaglikse diskriminasie omdat ‘n mens nie die regte (Franse) van het nie, die regte velkleur nie, of selfs ‘n vrou is”.

Volgens die Franse eerste minister “gaan dit geensins daarom om verskonings te vind nie, maar ‘n mens moet ook die werklikheid van ons land raaksien… tesame met die kollektiewe vrees vir grootskaalse werkloosheid, langdurige werkloosheid, veral van jongmense, teenoor die lewenskoste wat te hoog is, met die risiko dat jy agteruitgaan, die angs rondom individuele verarming wat mense in hulself laat keer, asook ouers wat vir die toekoms van hul kinders vrees.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.