Die mediese hulporganisasie, Right to Care, sê alle nodige voorkomingsmaatreëls is getref om die Suid-Afrikaanse sokkerspan wat die week na Sierra Leone vertrek teen ebola te beskerm, het RSG berig.
Die organisasie het vroeër bekendgemaak dat elf verpleegkundiges en ‘n dokter Vrydag na Sierra Leone vertrek om te help met die stryd teen ebola.
Die span sal vir agt weke in die land bly. Die hoof mediese beampte van die organisasie, Pappie Majuba sê hulle het reeds intensiewe opleiding ontvang en sal verder opgelei word voordat hulle na pasiënte omsien.
Hy sê bykomende werwing en opleiding sal voortdurend plaasvind om nog gesondheidswerkers na ebola-gebiede te stuur.
Majuba sê al is geen ebola-gevalle in Suid-Afrika aangemeld nie, sal die ervaring wat Suid-Afrikaners opdoen in die stryd teen ebola en ander aansteeklike siektes, baie waardevol wees.