Polisie ontplooi na pamflet chaos aanmoedig

Deel op

Die polisie in Noordwes is op ‘n gereedheidsgrondslag ná ‘n pamflet die rondte gedoen het waarin swart inwoners van Bloemhof aangepor word om met ‘n weeklange wegbly-aksie te begin, het RSG berig.

Die wegbly-aksie is daarop gemik om steun te verleen aan mense wat in die hof moet verskyn in verband met diensleweringsbetogings in Maart verlede jaar.

Die hofsaak van meer as 80 mense wat aangekla word van onder meer openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en brandstigting, begin vandeesweek.

Die woordvoerder van die polisie, Keaoleboga Majikela sê die polisie is gereed vir enige onwettige optrede wat mag volg.

Die burgemeester van die Lekwa Teemane-munisipaliteit, Kagiso Palagangwe het intussen die organiseerders van die wegbly-aksie gekritiseer. Hy sê dit is onwettig en dat daar opgetree sal word teen diegene wat aan die wegbly-aksie deelneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.