Klugtige Basson-verhoor rafel verder uit

Deel op

Die huidige klugtige “verhoor” van dr Wouter Basson het verder uitgerafel nadat dit aan die lig gekom het dat die voorsitter nie onpartydig is nie.

Die regspan vir die chemiese wapenkenner het ‘n hofinterdik verkry om meer inligting oor die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika se sogenaamde klagtes teen Basson.

Die Raad het bevestig dat hulle die interdik ontvang het. ‘n Woordvoerder van die Raad, Charmaine Motloeng, sê die Raad sal vandag oor die aangeleentheid vergader.

Die professionele gedragskomitee sal egter die hooggeregshof-aansoek agter geslote deure bespreek.

Basson se regsverteenwoordiger, Jaap Cilliers, en sy kliënt het gister uit die verrigtinge gestap om ‘n dringende hofaansoek te gaan indien.

Cilliers sê die verdediging het inligting dat die voorsitter van die verhoor, Jannie Hugo, ‘n versoekskrif onderteken het waarin gevra word dat Basson van die mediese rol geskrap word.

Intussen het Sapa berig dat mediese praktisyns glo “geskok” was deur opmerkings wat Basson in die nadraai van die arbeidsonrus by Lonmin se Marikana-platinummyn in die Noordwes gemaak het, toe 34 mense doodgeskiet is.

Die verhoor het gehoor dat Basson glo in ‘n radio-onderhoud gesê het dat Marikana sou nie gebeur het as die polisie van chemiese wapens wat hy dekades gelede ontwikkel het, gebruikgemaak het nie.

“Ek het geluister na die onderhoud en kon nie glo wat ek hoor nie,” het ‘n dosent aan die Universiteit van Kaapstad en kliniese farmakoloog, Professor Marc Blockman gesê.

Die radio-onderhoud het plaasgevind in Desember 2013, kort nadat Basson is skuldig verklaar is aan professionele wangedrag deur die Raad se boendoeverhoor.

Die heksejag teen Basson is in die media voortgesit. Salie Joubert, vir die HPCSA, het Blockman gevra wat hy gedink het oor die onderhoud.

Blockman het gesê daar was ‘n gevoel van “arrogansie” in Basson se stem.

“Van wat ek gehoor het, was daar geen greintjie berou in wat hy gesê het nie… daar was ‘n vlak van arrogansie in sy stem.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.