Sunette Bridges vandag in Kaapse Gelykheidshof oor ‘rassisme’

Deel op

‘n Skouverhoor soos dit destyds in die Sowjetunie en ander Oos-Europese lande gehou is, begin vandag in die Wes-Kaapse Gelykheidshof waar Sunette Bridges teregstaan op klagtes van “rassisme” en “haatspraak”.Die saak is deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen haar aanhangig gemaak. Volgens die woordvoerder van die kommissie, Isaac Mangena, “ontvang (hulle) reeds jare lank klagtes oor die rassistiese inhoud van Bridges se Facebook-bladsye.

“Daar kan geen twyfel wees dat daar uitlatings was wat so rassisties en skadelik is dat dit nie beskerm word nie en daarom deur die hof gestraf behoort te word.

“Rassistiese en haatdeurtrekte kommentaar behoort nie toegelaat te word om in die openbare domein te gedy nie,” meen Mangena.

Media wat gister probeer het om Bridges te bereik, kon nie daarin slaag om haar mening in te win nie.

Een van die klagtes het te make met ‘n grappie wat Bridges vier jaar gelede op haar Facebookblad gemaak het en waarin sy haar tuiner ‘n “groenie” genoem het, blykbaar in die volgende sin:

…van al die instrumente wat daar is om mee REGUIT te bou – ’n waterpas, profiele, maatband, fishline, Square – is ’n sambok wraggies die enigste ene wat vir hierdie Groenie van my werk hoor!!! EISH!!!!!Sx.

Volgens TimesLive is daar “behoefte aan ‘n presedent om kommentaar op sosiale media te reguleer weens die persepsie dat rassehaatspraak aan’t toeneem is”.

Enkele ekstreemlinkse groepies op Facebook, wat self haatveldtogte teen Afrikaanse openbare figure voer, is besig om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie met klagtes te oorval. Daarom het die Kommissie verlede week aangekondig dat “klagtes oor rassistiese plasings (op sosiale media) nou 20% van alle klagtes uitmaak”.

Klik asb. op ons petisie hier bo ten gunste van spraakvryheid vir Afrikaanse aktiviste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.