FW, Gerwel deur Kaapstad vereer

Deel op

Die twee openbare figure wat die meeste gedoen het om Afrikaners te benadeel, gaan vereer word deur Kaapstad.

FW De Klerk gesê hy is ten gunste van die idee dat die straat in Kaapstad na hom vernoem word, solank die straat voorheen ‘n “neutrale” naam gehad het.

Die finale besluit berus by die stadsraad, wat pas die naamsverandering goedgekeur het. “Inwoners, rolspelers, belanghebbendes en gemeenskapsorganisasies het die geleentheid gekry om hul siening daaroor te gee.”

Verreweg die meeste Suid-Afrikaners was gekant teen die naamsverandering.

Kaapstad het ook die kommunis Jakes Gerwel Sondag vereer deur Vanguard-rylaan in Kaapstad amptelik na Jakes Gerwel-rylaan te vernoem.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Gerwel beskryf as ʼn “dapper leier”. Volgens De Lille het Gerwel studente-inskrywings vir alle rasse toeganklik gemaak toe hy in die laat 1980’s as rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap aangewys is.

Gerwel, Nelson Mandela se persoonlike sekretaris, is by Afrikaners bekend vir sy leë beloftes oor twee Afrikaanse universiteite destyds wat toe nooit gerealiseer het nie.

“Herbenaming is ‘n kritiese deel van regstelling, aangesien dit ons in staat stel om ons verlede te onthou, terwyl ons bepaal watter soort toekoms ons graag wil bou,” het De Lille gesê. “Prof Gerwel se lewe, wat gekenmerk is deur ‘n onwrikbare verbintenis tot ‘n nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese samelewing, is ‘n voorbeeld van die soort toekoms wat ons vir Kaapstad wil hê.”

De Lille het Gerwel beskryf as ʼn “pionier van Madiba se reënboognasie-visie” en het gesê sy glo dat versoening ʼn proses eerder as ʼn gebeurtenis is. “Wanneer ons in Jakes Gerwyl-rylaan afry, moet ons besin oor die pad wat hy vir ons gebaan het, en oorweeg of ons op pad is na dieselfde visie.”

Daardie “pad” bied klaarblylik geen ruimte vir Afrikaners nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.