Die flinke optrede van ‘n plaaswagpatrollie het daarvoor gesorg dat ses swart plaasaanvallers vasgevat is.
Die patrollie het ‘n boer se Bantam-bakkie gewaar, waarna die verdagtes te voet in mielielande probeer vlug het op ‘n plaas buite Bothaville.
Lede van die plaaswag het die gebied afgesper en ʼn polisiehelikopter het die gebied gefynkam waarna ses Zimbabwiërs in hegtenis geneem is. Daar is ook op die gesteelde items in hul besit beslag gelê.
Die ses swart aanvallers het 65-jarige boer en sy 60-jarige vrou op hul plaas buite Bothaville in die Vrystaat aangeval en die boervrou probeer verkrag.
Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer en sy vrou was Sondagoggend kerk toe in Bothaville. Hulle is met hul terugkeer op die plaas deur ses gewapende swartes oorval. Die boer se hande is met draad vasgemaak.
Drie swartes het die boervrou se klere van haar lyk afgeskeur en probeer om haar te verkrag.
Die verdagtes het met die boer se Ford Bantam-bakkie, wapens, ammunisie, juweliersware en kontant gevlug, toe hulle deur die plaaswag gewaar is.
Volgens Kareli kon die boer daarin slaag om homself te bevry nog voor die verdagtes van die plaas af gevlug het, en het hy boere op naburige plase sowel as die polisie ontbied.
Die verdagtes, tussen 19 en 34 jaar oud, sal binnekort in die Bothaville-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof en poging tot verkragting. Twee van die verdagtes kom glo van Bothaville.