Dele van Oos-Johannesburg donker

Deel op

Dele van woon- en industriële gebiede oos van Johannesburg is vandag sonder krag terwyl tegnici werk om ‘n beskadigde substasie te herstel.

Deel op

Die Ekurhuleni Metro aan die Oosrand het gesê dat Esterpark, Croydon, en Spartan-uitbreidings een, drie, sewe, tien en sestien vanaf negeuur vanoggend sonder krag was.

Hulle hoop om die beskadigde paneel in die Esterpark-substasie klaar herstel te hê voor drieuur vanmiddag.

Intussen word mense gewaarsku om alle elektriese punte as lewendig te beskou.

Die Metroraad het verskoning gevra vir die ongerief.

для отопленияалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.