Pretoria-ouers red vyfjarige se lewe

Deel op

‘n Ma van Pretoria is dankbaar dat ‘n man en twee vroue Saterdag haar vyfjarige kind se lewe by ‘n kinderpartytjie in Lynnwood gered het.

Die vrou, wat net as Karen geïdentifiseer wil word, het Sondag aan Rekord gesê haar kind sou waarskynlik dood gewees het, as dit nie vir die flink optrede was nie.

Karen se seuntjie het Saterdagoggend saam met maats geswem toe hy skielik onder die water verdwyn het.

“Hy weet hoe om te swem en ons vermoed ‘n golfie het hom dalk onkant gevang. Hy het baie water gesluk,” het Karen gesê.

Sy sê een van die pa’s by die partytjie het ‘n swart kol onder die water gesien. Toe hy besef dit was nie ‘n swembadsuier nie, het hy dadelik ingeduik en die kind uitgehaal.

“Twee van die ma’s het vir sowat drie minute lank mond-tot-mond asemhaling toegedien totdat hulle sy hartkloppie weer kon kry. Hy was potblou in sy gesiggie,” het Karen gesê.

Netcare 911 paramedici was vinning op die toneel en het die kind gestabiliseer en na ‘n hospitaal gehaas.

“Ek is so dankbaar vir almal se flink optrede – my kind kon voor ons oë verdrink het,” het Karen gesê.

Die seuntjie was Sondag nog in die hospitaal sodat sy longe gemonitor kon word, maar sal na verwagting Maandag ontslaan word.

Bron: Rekord Oos

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.