Franse Sosialiste bedel om Moslemstemme

Deel op

‘n Klimaat van vrees het in Europa posgevat namate duisende inwoners eis dat Moslems die geweld wat ander Moslems pleeg, moet veroordeel.

Abdallah Zekri, hoof van Frankryk se nasionale sentrum teen Islamofobie, het gesê in die 48 uur ná die bloedbad is 16 plekke van Islam-aanbidding met brandbomme­, geweerskote en varkkoppe­ aangeval­.

Die Franse regering maan dat Moslems nie gelykgestel moet word met terroriste nie. Geert Wilders, leier van die grootste Nederlandse politieke party, die PVV, het egter gesê dalk pleeg nie alle Moslems terreur nie, maar alle terreur word deur Moslems gepleeg.

Die Franse Sosialiste weier steeds om op te tree teen Franse burgers wat aan terreur in die Midde-Ooste deelneem.

Die terroriste “se geloof is nie Islam, wat hulle verloën nie, dit is barbaarsheid”, het Laurent Fabius, minister van buitelandse sake, gesê.

‘n Meningsopname wat deur die Franse koerant Le Monde gedoen is, het egter getoon dat meer as 40% van Frankryk se Moslems die aanval op Charlie Hebdo verwelkom het.

Patrick Mennucci, ’n sosialistiese­ politikus, het daarop gewys dat daar 5 tot 6 miljoen Moslems in Frankryk is.
“Hierdie (terreur-)kwessie gaan oor net 1 000 individue.

“Ons moet versigtig wees om niemand te stigmatiseer nie,” het hy gesê. Die uiters ongewilde Sosialiste het Moslemstemme nodig om as party te kan oorleef.

Die ma en susters van Amedy Coulibaly­ (32), wat gyselaars in ’n supermark in Parys vermoor het, het in ’n verklaring hul meegevoel met die slagoffers uitgespreek en ’n pleidooi gelewer dat Moslems nie geassosieer moet word met die “afskuwelike daad’’ nie.

“Ons deel nie dié ekstremistiese­ opvatting­s nie,” het hulle in die verklaring­ gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.