Vonnisoplegging teen Wouter Basson begin

Deel op

Die vonnisopleggingprosedures in die tugverhoor van die kardioloog, dokter Wouter Basson word vandag in Pretoria voortgesit.

Basson is in Desember 2013 skuldig bevind aan onprofessionele optrede na ‘n ses jaar lange ondersoek.

Die voorsitter van die etiekkomitee van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA), prof. Jannie Hugo, het bevind dat Basson internasionale protokolle en konvensies oortree het.

Hy het glo die Geneefse Konvensie van 1948 en die VN se Konvensie oor die verbod op en berging van gevaarlike wapens, oortree.

Geen mediese dokter kan onkunde pleit as dit by professionele gedrag kom nie, het Hugo voorheen gesê.

Die ondersoek is gehou om te bepaal of Basson oneties opgetree in die uitoefening van sy pligte as ‘n chemiese oorlogvoeringskenner.

Uit die 39 000 dokters wat ‘n petisie ontvang het om die heksejag teen Basson te ondersteun, het net 230 dokters gereageer.

“Dit klink baie indrukwekkend,” het Basson se regsverteenwoordiger, Jaap Cilliers SC ironies opgemerk.

Mark Heywood, Section 27 se uitvoerende direkteur, het vroeër ontken dat sy petisie ‘n mislukking is.

Heywood het aan Cilliers gesê tydens sy kruisondervraging dat alhoewel die aantal dokters gering is, is dit die “name” wat tel.

“Ek praat name,” het Heywood gesê en verklaar dat die ondertekenaars die belangrikste medici in die land verteenwoodig.

Heywood het Professor Slim Abdool Karim, direkteur van die Sentrum vir Vigs-program van navorsing in SA, Professor Haroon Salojee, hoof van gemeenskapsveiligheid pediatrie by Wits Universiteit, en prof Mpiko Ntsekhe, hoof van kardiologie aan die Universiteit van Kaapstad uitgesonder.

In sy verdediging, het Basson nege argumente aangebied waarin hy beweer dat hy opgetree het as ‘n soldaat en nie ‘n dokter nie, en dat hy nie bewus was van die etiek nie.

Die Hooggeregshof in Pretoria het Basson in 2002 onskuldig bevind op strafregtelike aanklagte wat verband hou met sy betrokkenheid by die chemiese wapenprojek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.