Bali-bomplanters toon geen berou

Deel op

15:55:56 Drie Islamitiese militantes wat na verwagting binnekort vir die Bali-bomontploffings in 2002 tereggestel gaan word, sê hulle het

Image

Tempel in Bali

geen berou nie. Amrozi, Ali Gufron en Imama Samudra en 'n paar honderd inwoners het gebede gehou op 'n veld buite die tronk op Nusakambangan in Indonesië om die Moslem-vakansiedag Eid al-Fitr te  gedenk.

Deel op

Hulle sê die aanvalle op die twee nagklubs op die eiland op 12 Oktober 2002 was daarop gemik om die Verenigde State en sy bondgenote te straf. Meeste van die mense wat in die bomaanvalle dood is, was buitelandse toeriste, veral Australiërs.

Samudra sê hy het geen, en sal nooit enige berou hê nie. Die ander het saamgestem en ander aanvalle insluitend dié op die Marriott-hotel in Islamabad, Pakistan deur militantes geprys. Minstens 54 mense is dood en honderde is in die aanval beseer. Brian Deegan van Adelaide, Australië, wie se seun Josh in die aanval dood is, sê die mans se optrede is afskuwelik, veragtelik en onbesonne.

Teregstellings in Indonesië geskied voor 'n vuurpeleton. Die militantes is onder Indonesië se streng teen-terroristewette skuldig bevind. Hulle het hulle appèlle uitgeput en Indonesië se prokureur-generaal het gesê die vonnis kan enige dag uitgevoer word noudat die heilige maand Ramadan verby is. Begenadiging word dikwels tydens Ramadan aan kriminele betoon.

Die Bali-aanvalle, wat na bewering deur al-Kaida befonds is, is deur lede van Jemaah Islamiyah, 'n militante groep van Suidoos-Asië uitgevoer. Hulle het sedertdien nog minstens drie ander selfmoordbomaanvalle in Indonesië uitgevoer. Die groep is hoofsaaklik in die streek ontbind met hulle leiers óf dood óf in die tronk.

1 гсуФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.