EFF loods grondgrypprogram in Gauteng

Deel op

Die party van Julius Malema, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gaan begin om “leë grond” in Gauteng te beset. Hierdie besluit is gister by die party se provinsiale kongres geneem.

“Bo-aan ons prioriteitslys is grondbesettingsprogramme, wat beteken dat vervreemde gemeenskappe besit van leë grond sal neem as ‘n manier hom hulself te bemagtig,” het die EFF se provinsiale woordvoerder, Ntobeng Ntobeng, in ‘n verklaring gesê.

Die party beskik nie oor ‘n provinsiale dagbestuur nie, maar verkies die militêre term, “provinsiale bevelspan”, volgens nuusagentskappe. Die “bevelspan het Saterdag sy eerste vergadering gehou. Dit volg op die party se nasionale kongres of “volkskongres” wat in Desember in Bloemfontein gehou is.

Die nasionale konferensie het die party se boonste ses leiers verkies, asook ‘n verdere 35 lede van die “sentrale bevelspan”. Een van die besluite wat by die party se nasionale konferensie aangeneem is, is dat “onbesette grond regoor die land… ingeneem moet word”. Volgens die party se kommissie vir grondhervorming moet diegene wat grondeise teen boere en ander eienaars instel ook die geëiste grond “beset”.

Die EFF is besig om landwyd te organiseer, maar ook in Gauteng. “Die oorblywende 20 persent van EFF-takke, wat gegrond is op 508 kiesafdelings in Gauteng, moet teen 31 Maart 2015 geloods word.”

Die party is ook besig om bevelstrukture op kampusse op te rig. “Studentebevelspanne sal teen die einde van Junie ten volle operasioneel wees,” verklaar Ntobeng.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.