Die ekstreemlinkse webblad Daily Maverick, wat vermoedelik vanuit die buiteland befonds word, het so pas in ‘n hoofartikel gedreig dat “blankes in die kop geskiet gaan word” as hulle nie “… op hul effing knieë gaan en jammer sê nie”.
Die skryfster van die hoofartikel is ‘n verengelste Afrikaner, Marelise van der Merwe, wat meen dat alle blankes “boelies” is wat nou slegs deur die wet daarvan weerhou word om ander “seer te maak”.

Indien blankes wil oorleef, moet hulle nie net jammer sê nie, maar ook “jammer doen” deur die skoolgeld en universiteitsfooie van swart kinders te betaal, asook swart kinders groot te maak. By implikasie moet hulle nie self kinders hê nie en sodoende as ras in Suid-Afrika uitsterf.
Sy skryf verder in haar meningstuk:
Sekerlik kan u die ANC blameer vir die gebrek aan verandering soveel as u wil, maar hier is ‘n gedagte vir u: U is deksels gelukkig dat die grond waarop u sit nie met geweld van u afgeneem is nie, die wyse waarop mense van kleur voorheen daarvan beroof is. U is deksels gelukkig dat die bruin persoon langs u vanoggend teenoor u geglimlag het, gewaai het, met u gepraat het. U is deksels gelukkig dat ‘n woedende swart persoon u nie net trompop geloop en in die kop geskiet het omdat hulle nogmaals ‘n dom, rassistiese reaksie op News24 se kommentaarblad gelees het en dit hulle gewoon geknak het en iets kranksinnigs laat doen het nie. Want weet u wat? As ek in hul plek was, sou ek moontlik met my AK-47 uitgestorm het. Daar is geweld in Suid-Afrika, ja, maar daar is nie revolusie nie (en anders as wat Sunette Bridges en Steve Hofmeyr dink, loop blanke boere die minste risiko om vermoor te word).
Die Daily Maverick is ook gekant daarteen dat ‘n straat in Kaapstad na De Klerk vernoem word, aangesien hy een van die “argitekte van apartheid” was.