De Klerk se roemlose oorgawe bevestig deur ANC

Deel op

Alhoewel FW de Klerk homself daarop roem dat hy Suid-Afrika aan die ANC oorhandig het en apartheid beëindig het vir “vrede”, is die ANC nie dieselfde mening toegedaan nie.

Die party sê De Klerk is “nie ‘n messias nie”. Die ANC het uitgevaar teen die voormalige staatshoof in reaksie op die Stad Kaapstad se voorstel Tafelbaai Boulevard te hernoem na De Klerk.

“Hy was deel van apartheid, hy kan nie ‘n messias wees nie. Hy het ons nie bevry nie,” het die nasionale woordvoerder Zizi Kodwa gesê en daarmee De Klerk se roemlose oorgawe aan ‘n bende terroriste bevestig.

“Die ANC sal nie die naam van ‘n instelling ná FW de Klerk hernoem nie. Herbenaming is deel van ons erfenis en hy geen rol gespeel in ons revolusie nie,” het Kodwa gesê.

Die Stad Kaapstad het Donderdag gesê dat die boulevard herdoop kan word indien die raad ‘n voorstel aanvaar deur die stad se benamingskomitee.

Maar Kodwa gesê De Klerk is ‘n president van apartheid.

Die uiters ongewilde 79-jarige was president van September 1989 tot Mei 1994. Hy was die laaste staatshoof van Suid-Afrika onder wit bewind.

In 1993 het De Klerk die Nobelvredesprys saam met Nelson Mandela ontvang en spog gereeld dat hy ‘n “bloedbad” in die land vermy het.

Intussen het die skrikwekkende amptelike moordsyfer in Suid-Afrika sy aansprake as lagwekkend bewys.

Kodwa het gesê De Klerk het net opgetree omdat Suid-Afrika internasionaal geïsoleer was en omdat hy onder druk was weens die groeiende swart weerstandsbeweging.

Kodwa het sonder ironie verklaar dat “versoening en nasiebou” nodig is wanneer strate hernoem word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.