Spanning loop hoog in die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe wat hierdie week in Kimberly gehou word.
Jong spelers van oor die hele land neem aan die toernooi deel, met die jongste net vier jaar oud, en elke spelertjie hoop om die groot trofee te wen.
“Ons jongste speler is vier jaar oud en speel in die onder-agt ouderdomsgroep,” het ‘n bestuurslid gesê.
Verlede jaar is die toernooi in Durban gehou. Sommige kinders is baie gespanne, maar elke een is baie hard aan die speel.
Skaak is ‘n wonderlike sport, meen kenners, want dit is ‘n groot hulp vir spelers met hul konsentrasie.
Die jaarlikse toernooi het tans net onder 2000 spelers wat deelneem en word in die Noord-Kaap vir die eerste keer aangebied.