Plaasmoorde neem krisisafmetings aan maar ANC swyg

Deel op

Sedert 1 Januarie 1990 was daar meer as 1 700 plaasmoorde in Suid-Afrika volgens die landbou-unie TLU SA.

In 2007 was daar ’n styging van ongeveer 25% in plaasaanvalle, maar in dieselfde jaar het die departement van polisie besluit dat geen verdere statistieke daaroor vrygestel mag word nie, het TLU gesê.

Intussen het die ANC hulself met doelbewuste negatiewe klimaatskepping besig gehou ipv doelgerigte probleemoplossing.

Volgens die organisasie was daar ʼn totaal van 277 bevestigde plaasaanvalle en 67 bevestigde plaasmoorde in 2014. “Dit wil egter voorkom of die statistieke ten opsigte van 2015 tot op hede selfs donkerder as 2014 se syfers is.”

Gedurende die oggend van 12 Januarie 2015 het twee plaasaanvalle plaasgevind, waartydens drie moorde gepleeg is. Sedert 1 Januarie is daar al nege plaasmoorde in totaal gepleeg. Dit is meer as een plaasmoord elke twee dae. “As hierdie tendens ’n aanduiding vir die tempo van plaasmoorde in 2015 gaan wees, beteken dit dat daar in hierdie jaar meer as 200 plaasmoorde sal wees,” het die organisasie gesê.

“Ons ervaring is dat Suid-Afrika se voedselproduseerders as politieke slaansakke gebruik word en deur politici as sondebokke vir Suid-Afrika se krisisse voorgehou word. Die feit dat die regerende party nie hulle weg oop sien om uit eie oorweging in die openbaar standpunt in te neem vir die beskerming van boere se regte nie, word as bevestiging hiervan beskou.”

Die golf van plaasmoorde wat die land teister, is ‘n aanduiding dat die polisie se landelike veiligheidsplan ook nie doeltreffend is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.