Die Citizen het Donderdag om verskoning gevra nadat hy ʼn spotprent van die profeet Mohammed gepubliseer het soos dit op die Franse satiriese weekblad Charlie Hebdo verskyn het, het Sapa berig.
“Dit was ‘n mistasting, daar was geen kwaadwilligheid nie… dit was nie bedoel om iemand te beledig nie,” het Steven Motale, redakteur van die koerant, gesê. “Ons weet dat die gebruik van ʼn prent van Mohammed verbied word in Islam en ons vra onvoorwaardelik om verskoning aan diegene aan wie ons aanstoot gegee het.”
Volgens Motale het die koerant slegs ʼn handvol klagtes van hul lesers ontvang en is daar nie druk op hulle geplaas om ʼn verskoning aan te bied nie. Die Citizen het Donderdag op sy voorblad die verskoning gepubliseer.
“Die Citizen sal nooit doelbewus iemand se godsdienstige gevoelens te nakom nie, veral nie in die wyse waarop Charlie Hebdo dit gedoen het nie. Ons betreur die moorde, sowel as enige poging om sensuur deur geweld af te dwing. Ons handhaaf die reg tot vryheid van spraak.”