Kurt Darren belê in stamselbewaring

Deel op

Met hedendaagse mediese deurbrake wat vinnig vorder, het die omstrede sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay besluit om hul eerste kind se stamselle as ‘n “waardevolle vorm van versekering vir haar toekomstige gesondheid” te laat bewaar.

Darren sê in ‘n verklaring dat hy en sy vrou die besluit om hul kind se stamselle te laat bewaar lank voor die geboorte van hul dogtertjie Kyrah op 10 November gemaak het.

“As jy iets ekstra kan doen om te help verseker dat jou kind ‘n beter kans het op ‘n gesonde en gelukkige lewe, waarom sou jy nie dit doen nie?” het Darren gesê.

“Die belangrikste ding vir enige ouer is om te weet dat hul kinders veilig is. Deur die bewaring van hul stamselle, het jy die gemoedsrus om te weet hulle sal ‘n baie beter kans hê om die huidige en toekomstige stamselbehandelings te kan geniet wat op ‘n dag hulle lewens mag red. Dit is ‘n baie waardevolle belegging om te maak.”

Die Darrens het ‘n Pretoriase maatskappy gebruik wat glo die gehalte van die naelstringweefsel wat gebruik word, waarborg.

Vir meer as ‘n dekade is dit reeds moontlik om ‘n baba se naelstring by geboorte te behandel om bloedstamselle te bewaar vir toekomstige mediese gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.