Franse kondig uitgebreide nuwe beheermaatreëls aan

Deel op

Owerhede in Frankryk sê 54 verskillende sake is geopen in verband met voorvalle waar terreur glo goedgepraat word ná verlede week se terreuraanvalle in Parys, maar nie een van die 54 mense is gekoppel aan die aanvalle nie.

NUUT!

Dit laat die vermoede ontstaan dat Francois Hollande se Sosialistiese regering basies regte en vryhede verontagsaam eerder as om vryheid van spraak te verdedig soos hulle wil voorgee met Charlie Hebdo.

Onder diegene wat aangehou word is Dieudonne, ‘n gewilde, maar omstrede swart komediant.

Hy het grappe gemaak oor die gewapende man wat ‘n polisievrou doodgeskiet het, asook die supermark-aanval waarin vier mense dood is en is in hegtenis geneem op aanklagte van “verdediging terrorisme.”

Dieudonne wat ‘n politieke loopbaan in die oog gehad het, is veral gekant teen wat hy as die Joodse invloed in Frankryk beskou.

Die oënskynlik kriminele stelling wat hy op Facebook gepos het, lui: “Vanaand, wat my betref, voel ek soos Charlie Coulibaly.”

Al-Qaeda in die Arabiese Skiereiland het Woensdag verantwoordelikheid vir die Charlie Hebdo-aanval in Parys verlede week aanvaar.

Die senior leier in Jemen het in ‘n video op YouTube aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval waartydens 12 mense dood is.

Nasr al-Ansi, ‘n prominente bevelvoerder in die Arabiese Skiereiland sê die aanval is beplan in opdrag van die hoof van al-Kaïda, Ayman al-Zawahri.

In ‘n boodskap aan alle Franse aanklaers en regters, het die Franse ministerie van justisie intussen verduidelik waarom diegene wat die Parys-terreuraanvalle goedpraat sowel as diegene wat verantwoordelik is vir “rassistiese” of “anti-Semitiese woorde of dade”, aangehou en aangekla moet word. Islam word nie een keer in die boodskap genoem nie.

Die ministerie van justisie het gesê die 54 mense, waaronder vier minderjariges is reeds skuldig bevind onder dié spesiale maatreëls vir onmiddellike vonnisoplegging.

Aanhitsing van terrorisme kan vyf-jaar tronkstraf – of tot sewe jaar vir die aanhitsing van terrorisme aanlyn –  beteken.

Die Franse president, Francois Hollande het intussen vanaf ‘n Franse kernvliegdekskip, die  Charles de Gaulle, gesê die “situasie regverdig ons vliegdekskip se teenwoordigheid”.

Die regering het hul aanvalle op spraakvryheid verdedig en voorts gesê nuwe wette oor selfoonmeeluistering en ander intelligensiemaatreëls sal binnekort afgekondig word om “terrorisme te beveg”.

‘n Franse regeringswoordvoerder Stephane Le Foll het gesê ‘n projek om Frankryk se onderwysstelsel, stedelike beleid en integrasiemodel, te heroorweeg word ook in die vooruitsig gestel om die dieper probleme oor “ongelykheid”, veral by behuisingsprojekte, aan te spreek.

Alhoewel die Jemeense militante sê die aanval op die kantoor van die Charlie Hebdo was uit “wraak vir die profeet”, sê Amerikaanse intelligensie-amptenare hulle het geen bewyse dat AQAP die aanval gekoördineer het of geweet het daarvan voor die tyd nie.

Die amptenare het op voorwaarde van anonimiteit met Kanada se CBC News gepraat, want hulle was nie gemagtig om geklassifiseerde sake in die openbaar te bespreek nie.

Die Franse polisie ondersoek ook tien aanvalle op moskees sedertdien.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.