ANC woedend oor Kaapstad se beperkings

Deel op

Die ANC wil die Menseregtekommissie of die parlement nader omdat Kaapstad glo die party benadeel het in die aanloop tot sy 103de verjaarsdagvieringe.

“Die stad het voorwaardes aan ons opgelê om ons te frustreer en te verseker dat ons byeenkoms nie suksesvol is nie,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, aan Sapa gesê. “Alles wat ondemokraties is, is deur die Wes-Kaap gedoen om alle donker mense [darkies] uit Kaapstad te hou en Kaapstad onbesmet te hou.”

Die stad het glo donker deelnemers se beweegruimte beperk.

Kodwa beweer die stad het die party versoek om van Computicket gebruik te maak vir kaartjies vir verlede week se byeenkoms by die Kaapstad-stadion.

“Dit is onprakties, jy kan nie dit implementeer nie. Die meerderheid van ons mense het nie toegang tot Computicket of die internet nie.”

Kodwa beweer verder dat die ANC se plakkate vir die byeenkoms ook gereguleer is en dat hulle die plakkate weer moes laat druk nadat die stad nie tevrede was met die eerste stel nie.

Smouse is ook verbied om enigiets by die stadion te verkoop.

Kodwa het gesê die ANC wil uitvind wie die stad opdrag gegee het om sulke beperkings af te dwing.

Zara Nicholson, woordvoerder vir die Kaapstadse burgemeester, het gesê hulle verwelkom enige ondersoek.

“Ten spyte van die ANC se histerie, hul oordrewe gevoel van geregtigdheid en die ongekende druk wat hulle op die stad se amptenare geplaas het, het ons ten alle tye met respek opgetree en gehou by wetgewing, beleid en die stadion se verhuringskontrak … en daarom verwelkom ons enige ondersoek.”

Nicholson het gesê dit is kommerwekkend dat die ANC goeie bestuur interpreteer as ‘n vorm van sabotasie. Sy het gesê enigiemand wat die stadion vir ‘n byeenkoms gebruik, word aan dieselfde bepalings en voorwaardes onderwerp.

Geklee in geel, groen en swart het ondersteuners in lang toue gewag by kitskosrestaurante.

Die vieringe in die gebied het kitskosverkope op die dag laat verdubbel, maar “daar was negatiewe” sê eienaars.

“Ons werk as ‘n Halaal-oktrooi, so ons bedien nie alkohol in ons winkel nie en laat dit nie toe nie, maar die mense het met hul alkohol ingekom en geweier om op te hou drink.

“Sommige van ons [Halaal-]kliënte was so ongelukkig dat hulle foto’s geneem het en gerapporteer het aan Hoofkantoor, wat ons ons Halaal-sertifikaat kan kos.”

In ‘n aparte voorval, het ‘n swart kliënt geweier om die algemene vier olywe per slaai te aanvaar, en beweer dat hy minder olywe ontvang het omdat hy swart is.

‘n KFC-areabestuurder Michael Forbes het gesê albei Seepunt en Langstraat se verkope was “uiters” hoog.

Bottelstore het oor diefstal gekla.

Een bottelstoorbestuurder het gesê: “Ons ervaar meer diefstal van voorraad as gewoonlik As gevolg daarvan het ons nie die teiken verkope van die dag bereik nie.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.