E-tol-verslag vandag vrygestel

Deel op

David Makhura, Gautengse premier, sal Donderdag die finale verslag van e-tol se sosio-ekonomiese impak op die provinsie se snelweë, bekend stel.

Die premier se kantoor het in ‘n verklaring gesê die verslag sal Donderdag om 12:00 tydens ʼn mediakonferensie vrygestel word, het Sapa berig.

Makhura het die paneel in Julie byeengebring om die ekonomiese en maatskaplike impak van die e-tolstelsel te ondersoek. Die ondersoekspan het openbare verhore gehou.

Die span het sy verslag op 30 November aan Makhura oorhandig maar die inhoud daarvan is nie bekend gemaak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.