Nuwe lokomotiewe in ontvangs geneem

Deel op

Die minister van vervoer, Dipuo Peters het die tweede besending van vier lokomotiewe, wat deur Suid-Afrikaanse ingenieurs ontwerp en in Spanje gebou is, by die Kaapstadse hawe in ontvangs geneem.

Altesaam 70 lokomotiewe sal in die volgende paar jaar in die land aankom as deel van die regering se program om openbare passasiersvervoer te moderniseer, het RSG berig.

Honderd-en-sewentig miljard rand is hiervoor begroot. Peters sê die bou van 600 nuwe treine vir Metrorail word ook beplan.

Sy sê ‘n fabriek sal in Ekurhuleni aan die Oosrand opgerig word, wat ‘n opleidingsakademie vir ingenieurs sal insluit.

Probleme met die eksamenuitslae-datastelsel word tans landwyd ondervind vir siviele- en elektriese ingenieurswese-studente by sy Tegniese- en Beroepsonderwyskolleges.

Volgens Peters sal 19 000 ingenieurs in die volgende tien jaar opgelei word by dié akademie.

Die departement van Hoër Onderwys het bevestig dat die 2014 uitslae van duisende Vlak 3 ingenieurswese-studente teruggehou word.

Intussen is Metrotreindienste tussen Johannesburg en Vereeniging vertraag weens ‘n oorhoofse kragonderbreking wat waarskynlik te wyte is aan kabeldiefstal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.