Dresden se Frauenkirche byna reg

Deel op

Een van die mooiste geboue in die wêreld, Dresden se Frauenkirche in Duitsland maak tans vordering met die jaarlikse skoonmaak- en opknappingsproses wat onderneem is.

Dié bekende kerk is tydens bomaanvalle gedurende die laaste maande van die Tweede Wêreldoorlog verwoes, maar het in 2005 na jare van herbouing weer sy deure geopen.

Die kerk wat van uit alle dele van die stad duidelik sigbaar is met sy groot koepel, is in ‘n Evangelies-Luterse hoogbarokstyl gebou.

Na die opknapping wat in Oktober 1995 afgerond is, is die kerk amptelik ook weer in gebruik geneem.

Die restourasie het na raming 130 miljoen euro gekos.

dresden_1

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.